Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Deur Geloof Alleen

    Hierdie werk kan alleenlik bereik word deur geloof in Christus, deur die krag van die inwonende Gees van God. Die Christen sal die versoekings van die sonde ervaar, maar hy sal deurlopend oorlog voer teen die sonde. Dit is hier waar Christus se hulp benodig word. Menslike swakheid word verenig met goddellike krag en geloof roep uit: “Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus.” 1 Korinthiërs 15:57.DGrH 80.1

    Die werk van heiligmaking is progressief. Wanneer in bekering, vind die sondaar vrede met God en die Christenlewe het pas begin. Nou moet die sondaar groei en “na volmaaktheid voortgaan” om op te groei “tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;” . en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus”. Hebreërs 6:1; Efesiërs 4:13; Fillipense 3:14.DGrH 80.2

    Hulle wie Bybelse heiligmaking ervaar sal nederigheid manifesteer. Hulle sien hul eie onwaardigheid in kontras met die volmaaktheid van die Oneindige Een. Die profeet Daniël was ‘n voorbeeld van ware heiligmaking. In plaas daarvan om aanspraak te maak dat hy rein en heilig is, het hierdie geeërde profeet homself identifiseer met die werklike sondigheid van Israel, toe hy by God gepleit het namens sy volksgenote. Daniël 10:11:9:15,18, 20; 10:8,11.DGrH 81.1

    Daar kan geen selfverhoging wees nie, geen spoggerige aanspraak op vryheid van sonde, deur hulle wie in die skaduwee van die kruis op Golgota beweeg. Hulle voel dat dit hulle sondes was wat die doodsangs veroorsaak het wat die hart van die Seun van God gebreek het en hierdie gedagtes sal lei tot selfvernedering. Hulle wie die naaste aan Jesus leef, onderskei meer duidelik die swakheid en sondigheid van die mensdom en dat hul enigste hoop berus op die meriete en geregtigheid verkry deur ‘n gekruisigde en opgestane Verlosser.DGrH 81.2

    Heiligmaking wat begin om prominensie in die godsdienstige wêreld te verkry, getuig van ‘n gees van selfverhoging en verontagsaming van die wet van God, wat nie skriftuurlik is volgens die Bybel nie. Die advokate van hierdie leerstellings vir heiligmaking leer dat dit ‘n kitsproses is en deur geloof alleen, kan perfekte heiligheid verkry word. “Glo,” sê hulle “en die seëning is joune.” Geen verdere poging is nodig vir die ontvanger nie. Terselfdertyd ontken hulle ook die outoriteit van die wet van God en bevestig hulle dat hulle vrygestel is van enige verpligting ten opsigte van die gebooie van God. Maar is dit moontlik om heilig te wees sonder om in harmonie te kom met die beginsels wat God se karakter en wil uitspreek en bevestig?DGrH 81.3

    Die getuienis van die Woord van God is teen hierdie verstrikkende leerstelling van geloof sonder werke. Dit is nie geloof wat die guns van die hemel eis, sonder om te voldoen aan die vereistes waarop genade toegestaan en verkry word nie. Dit is aanmatiging. Sien Jakobus 2:14 tot 24.DGrH 82.1

    Laat niemand homself mislei dat hy heilig kan word terwyl hy opsetlik een van God se vereistes oortree nie. Willens-en-wetende sondepleging maak die getuigende stem van die Heilige Gees stil en skei die siel af van God. Alhoewel Johannes die liefde so vollediglik behandel en beklemtoon het, skroom hy nie om die ware karakter van hulle te ontbloot wie beweer dat hulle heilig is terwyl hulle die wet van God oortree en hulle aan die sonde vergryp. “Hy wat sê: Ek ken Hom - en Sy gebooie nie bewaar nie - is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie. Maar elkeen wat Sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waariik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.’l Johannes 2:4,5. Hier is die toets van elkeen se opregte bedoeling. Indien iemand God se gebooie bespot of verkleineer, indien hulle “... een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense so leer..(Mattheus 5:18,19), sal ons weet dat hul aansprake vals en ongegrond is.DGrH 82.2

    Die aanspraak om sonder sonde te wees, is ‘n bewys dat wie hierdie aanspraak maak, vêr van heilig is. Hy het geen werklike begrip van die oneindige reinheid en heiligheid van God nie en ook nie van die kwaadwilligheid en boosheid van sonde nie.Hoe groter die afstand tussen hom en Christus, hoe meer geregtig kom hy voor in sy eie oë.DGrH 82.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents