Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Gevaar om Weerstand te bied teen die Evangelie Oproep

    Die vernietiging van Jerusalem is ‘n ernstige waarskuwing aan almal wie die smekinge van goddellike genade ignoreer of weerstaan. Die Verlosser se profesie met betrekking tot oordele wat oor Jerusalem gekom het, het ‘n tweede vervulling wat van toepassing is. In die lotsbestemming van die gekose stad, naamlik die vernietiging van Jerusalem, sien ons die oordeelsdag en vernietiging van die wêreld, omdat God se genade verwerp is en sy wet vertrap is. Die rekords van menslike ellende wat op die aarde beleef is, is donker. Die resultate van verwerping van hemelse gesag, is vreeslik. Die openbaring van die gevolge van verwerping van hemelse gesag wat nog kom, is egter meer skrikwekkend. Wanneer die beteulende Gees van God ten volle onttrek is van hierdie aarde af, en nie meer die uitbarstings van menslike hartstogte en sataniese gramskap in toom hou nie, sal die wêreld soos nog nooit tevore nie die vernietigende resultate van Satan se koningskap hier op aarde sien en ervaar.DGrH 110.1

    Op daardie dag soos in die geval van Jerusalem se vernietiging, sal God se dienaars ook gered word. Lees Jesaja 4:3. Christus gaan met Sy tweede advent al sy lojale volgelinge vir Homself vergader. “En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.” “En Hy sal Sy engele uitstuur met harde trompetgeluid en hulle sal Sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.” Mattheüs 24:30,31.DGrH 110.2

    Die mensdom moet waak daarteen om die woorde van Christus te verontagsaam. Soos Hy Sy dissipels gewaarsku het oor Jerusalem se vernietiging sodat hulle dit kon ontsnap, so het Hy ook die wêreld gewaarsku oor ‘n dag van afrekening, van finale vernietiging. Almal wat wil, kan die vreeslike gevolge van God se gramskap op hierdie dag van oordeel vermy. “En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies.” Lukas 21:25. Verwys ook na Mattheus 24:9; Markus 13:24-26; Openbaring 6:12-17. “Waakdan ...” Markus 13:35. Hulle wie ag slaan op hierdie waarskuwing sal nie in die duisternis gelaat word nie.DGrH 110.3

    Die wêreld is geensins meer gereed vir hierdie profetiese boodskap as wat die Jode gereed was om Jesus se waarskuwing te ontvang aangaande Jerusalem se vernietiging nie. Die oordeelsdag van die Here sal die goddeloses onverwags tref. Wanneer die lewe oënskynlik onveranderd voortgaan; wanneer mense vasgevang sal wees in plesier, in besigheid, om geld te maak, wanneer geestelike leiers die wêreldse vooruitgang vergroot en die mense gepaai word met valse sekuriteit - dan, soos die middernagtelike dief steel in die onbewaakte huis, so sal skielike vernietiging die ongoddellikes en agterlosiges oorval “en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie”. Sien 1 Thessalonicense 5:2-5.DGrH 111.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents