Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Gevaarlike Dwalinge

    Onder die mees suksesvolle agentskappe van die groot bedrieër, is die wonderleuens van spiritualisme. Indien die mens die waarheid verwerp word hy ‘n prooi van misleiding.DGrH 38.2

    ’n Ander dwaling is die leerstelling wat die goddellikheid van Christus ontken, wat beweer dat Hy geen bestaan gehad het voor Sy advent na hierdie wêreld nie. Hierdie teorie weerspreek die stellings van ons Verlosser met verwysing na Sy verhouding met die Vader en Sy vorige bestaan. Dit ondermyn geloof in die Bybel as ‘n openbaring van God. Indien die mens die getuienis van die Skrif oor die goddellikheid van Christus verwerp, is dit nodeloos om met hulle te argumenteer, want geen argument, ongeag hoe onweerlegbaar, sal hulle kan oortuig nie. Geen een wie hierdie dwaalleer glo, besit ‘n ware begrip van Christus of vir God se plan vir die mens se verlossing nie.DGrH 38.3

    Nog ‘n dwaalleer is die geloof dat Satan nie bestaan as ‘n werklike entiteit nie en dat die naam bloot gebruik word om die mens se bose gedagtes en begeertes te verteenwoordig.DGrH 39.1

    Die lering dat die tweede advent van Christus Sy koms na elke individu is by afsterwe, is ‘n plan om die mens se gedagtes weg te neem van Sy persoonlike koms op die wolke in die hemel. Pasop vir vals christusse en as hulle sê .. Kyk hy is in die binnekamer.. .”(Mattheüs 24:23-26); en baie het verlore gegaan deur hierdie misleiding te aanvaar.DGrH 39.2

    Wetenskaplikes beweer dat daar geen werklike antwoord op gebed kan wees nie; omdat dit ‘n verbreking van die natuurwette sou wees, sal dit ‘n wonderwerk wees en wonderwerke bestaan nie.DGrH 39.3

    Die heelal word regeer deur vasgestelde wette en God self doen niks teenstrydig met hierdie wette nie. Derhalwe beweer hulle dat God onderworpe is aan Sy eie wette - asof goddellike wette goddelike vryheid kan of sal uitsluit.DGrH 39.4

    Is wonderwerke nie deur Christus en sy apostels gedoen nie? Dieselfde Verlosser is net so gewillig om na gebede van geloof te luister soos wat hy was toe Hy sigbaar tussen mense beweeg het.DGrH 40.1

    Die natuurlike werk saam met die bonatuurlike. Dit is deel van God se plan om aan ons te gee, in antwoord op die gebed van geloof, dit wat Hy nie sal gee indien ons nie daarvoor vra nie.DGrH 40.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents