Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Satan Oorwin

    Asof betower, aanskou die goddeloses die kroning en inhuldiging van die Seun van God. Hulle sien in Sy hande die tablette van die heilige wet wat hulle verag het. Hulle aanskou die uitbarsting van die verlostes; en soos die golf van melodieë oor die menigtes weerklink deur die stad, roep almal uit: “Groot en wonderlik is U werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges!” Neergeval en uitgestrek op die grond, verheerlik hulle die prins van die lewe. Openbaring 15:3.DGrH 141.1

    Dit wil voorkom of Satan verlam is. Eens ‘n bedekkende gerub, onthou hy waarvandaan hy geval het.DGrH 141.2

    Van die Hemelse Raad waar hy altyd vereer is, is hy nou vir altyd uitgesluit. Hy sien ‘n ander nou naby die Vader staan, ‘n engel met majestueuse teenwoordigheid. Hy weet dat die verhewe posisie van hierdie engel syne kon gewees het.DGrH 141.3

    Hy onthou die huis van sy onskuld, die vrede en tevredenheid wat syne was tot by sy rebellie. Hy neem ‘n oorsig van sy werk onder die mense en die gevolge: die vyandskap tussen die mens en sy medemens; die verskriklike vernietiging van lewe, die omverwerping van trone, die krygsgedruis, konflikte en revolusies. Hy herroep sy volgehoue pogings om die werk van Christus te opponeer. As hy terugkyk na die vrugte van sy arbeid, sien hy net mislukkings. Hy is telkens gedurende die groot stryd oorwin en hy moes telkens noodgedwonge oorgee.DGrH 141.4

    Die werklike doel van die groot rebel was altyd om die goddellike regering verantwoordelik te probeer maak vir die rebellie. Satan het groot menigtes oortuig van sy weergawe, dat die goddeliike regering selt die oorsaak van die rebellie was. Vir duisende jare het hierdie hoof van sameswering valsheid vir die waarheid voorgehou. Maar die tyd het aangebreek vir die geskiedenis en karakter van Satan om openbaar gemaak te word. In sy laaste poging om Christus te onttroon, Sy mense te vernietig en om eienaarskap van die stad van God oor te neem, is die groot misleierten volle ontmasker. Hulle wie met hom verenig het, sien die totale mislukking van sy stratgiese planne en doelwitte.DGrH 141.5

    Satan sien dat sy vrywillige rebellie hom ongeskik gemaak het vir die hemel. Hy het sy kragte geoefen om oorlog te maak teen God; die reinheid en harmonie in die hemel sal vir Satan uiterste marteling gewees het. Hy buig neer en erken die regverdigheid van sy vonnis.DGrH 142.1

    Elke kwessie van waarheid en leuen in die langdurige groot stryd, word nou duidelik gemaak. Die resultate van die afskaffing van die goddellike wette word bekend gemaak aan die hele skepping. Die geskiedenis van die sonde sal staan deur die ewigheid heen as getuie dat, in die onderhouding van God se wet, opgesluit is die geluk van al die skepsels wat God geskape het.DGrH 142.2

    Die hele skepping, die lojale dienaars en rebelle, verklaar met een akkoord: “Regverdig en reg is u weë, o Koning van die heiliges.”DGrH 142.3

    Die uur het gekom om Christus te verheerlik bo aile name. Vir die blydskap wat nou voor Hom heers - die feit dat Jesus so baie siele kon red - het Hy die kruis verduur. Hy kyk na die verlostes, wie almal hernu is na Sy beeld. Hy sien in hulie die opbrengs van die trawal wat Sy siel moes verduur en Hy is tevrede. Jesaja 53:11. Met ‘n stem wat al die menigtes bereik, regverdiges en goddeloses, verklaar Hy: “Aanskou die losgekooptes van My bloed! Vir hulle het Ek gely, vir hulle het Ek gesterf.”DGrH 143.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents