Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Heiligmaking en Karakterbou

    Moenie dink dat jy moet wag totdat jy een deug volmaak het voordat jy die volgende aanpak nie. Nee, hulle moet saam groei, gevoed uit die fontein van liefde; elke dag van jou lewe kan jy die geseënde eienskappe vervolmaak wat in die karakter van Christus geopenbaar is. [R&H Jul 29,1890(2:416)]DBo 137.2

    Die mens is geplaas in ‘n wêreld van verdriet, sorge en vertwyfeling. Hy is hier geplaas om getoets en beproef te word soos Adam en Eva, sodat hy ‘n opregte karakter kan ontwikkel en harmonie bring uit struweling en verwarring. [R&HApr. 21,1885(1:515)]DBo 137.3

    Daar sal geen verandering van karakter wees wanneer Christus kom nie. Karakterbou moet plaasvind gedurende die proeftyd. Hulle dade word daagliks in die boeke van die hemel aangeteken en hulle sal, in die dag van die Here, hul loon ontvang volgens hulle werke. Niemand sal die heilige stad ingaan behalwe as oorwinnaars nie. [R&H Aug. 25,1885(1:541/2)]DBo 137.4

    Die aanbidding van Christus verlaag nie die ontvanger nie, dit maak hom nooit kru, onbeskof, verwaand, driftig of ongenaakbaar nie. Inteendeel, dit verfyn die smaak, suiwer die oordeel en bring hulle in gevangenisskap met Christus. God se ideaal vir Sy kinders is hoër as die hoogste menslike denke. Hy het Sy heilige wet gegee as afskrif van Sy karakter. [8T. 63/64]DBo 137.5

    Ons sal individueel wees vir tyd en ewigheid wat ons gewoontes ons maak. Die lewens van diegene wat goeie gewoontes vorm en wie getrou is in die uitvoer van elke plig, sal as skynende ligte wees wat helder strale op die weg van andere laat skyn, maar as gewoontes van ontrouheid toegelaat word, as lakse, nalatige gewoontes toegelaat word om oorhand te verkry, sal wolke, donker soos middernag, die vooruitsigte van die lewe verduister en die persoon uitsluit uit die ewige lewe. [4T 452]DBo 137.6

    Die waarheid in die hart ontvang, is in staat om jou wys te maak tot verlossing. Deur te glo en te gehoorsaam sal jy genoegsame genade ontvang vir elke dag se pligte en beproewinge. Jy het nie vandag genade nodig vir móre nie. Berus jou daarin dat jy net met vandag te kampe het. Oorwin vir vandag, verloën self vir vandag; waak en bid vir vandag; verkry oorwinnings in die Here vandag. [3T 333]DBo 138.1

    Daar is geen geestelike krag daarin vir ons om gedurig oor ons swakhede en afdwalings te tob en die krag van die Satan te betreur nie. Laat ons nie al die onaangename prentjies opgaar nie - die ongeregtighede en korrupsie en teleurstellings, die bewyse van die Satan se mag - om dit in die wandelgange van ons herinnering te hang nie, om daaroor te praat en te weeklaag totdat ons siele gevul is met mismoedigheid. [5T 741 ]DBo 138.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents