Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    God in die natuur

    Hoewel die aarde deur die vloek bederf is, moes die natuur nog steeds die mens se lesboek wees. Dit kon nou nie net die goeie voorstel nie, want die kwaad was orals teenwoordig en het land, see en lug met sy besoedelende aanraking geskend. Waar daar eenmaal net die karakter van God, die kennis van die goeie, geskrywe was, is nou ook die karakter van Satan, die kennis van kwaad, geskryf. Uit die natuur, wat nou die kennis van goed en kwaad geopenbaar het, moes die mens voortdurend waarskuwings oor die gevolge van sonde ontvang. [Opvoeding 26]DBo 19.4

    En deur die mens se ongehoorsaamheid is die natuur self verander. Geskend deur die vloek van sonde, getuig dit op onvolmaakte wyse van die Skepper. Dit kan nie Sy karakter in Sy volmaaktheid openbaar nie ...DBo 19.5

    Die dinge van die natuur wat ons vandag aanskou, gee ons maar ‘n vae begrip van die skoonheid van Eden. [8T. 256]DBo 19.6

    Waar hulle uitwei oor die wette van materie en die wette van die natuur, verloor baie uit die oog of ontken geheel en al die direkte betrokkenheid van God. Hulle skep die idee dat die natuur onafhanklik van God kan funksioneer omdat dit van sigself eie perke en magte het om mee te werk. In hulle denke is daar ‘n skerp verskil tussen die natuurlike en die bonatuurlike. Die natuurlike word toegeskryf aan normale oorsake wat geen verband het met die krag van God het nie. Inherente lewensvatbaarheid word toegeskryf aan materie en van die natuur word ‘n afgod gemaak. [8T. 259]DBo 19.7

    Maar terwyl dit waar is dat God in die begin herkenbaar was in die natuur, is dit nie noodwendig so dat na die Sondeval ‘n volmaakte kennis van God tot Adam en sy nageslag gespreek het uit die natuur nie. Die natuur kan sy boodskap oordra aan die mens in sy onskuld. Maar die oortreding sou ‘n vloek op die aarde bring en indring tussen die natuur en die God van die natuur. [8T. 255] DBo 20.1

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents