Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Ondersoekende Versoening

    Net soos die sondes van die volk in die ou tyd op die sondoffer geplaas is en dit deur sy bloed, in beeld, in die aardse heiligdom ingebring is, so ook word die sondes van die boetvaardiges onder die nuwe verbond deur geloof op Christus geplaas en in werklikheid in die hemelse Heiligdom ingebring. En net soos die sinnebeelde reiniging van die aardse heiligdom geskied het deur die verwydering van die sondes wat dit besoedel het, so ook word die werklike reiniging van die hemelse heiligdom teweeggebring deur die verwydering of die uitdelging van die sondes wat daar opgeteken is. Maar voor dit kan geskied, moet daar ‘n ondersoek van die boeke wees om vas te stel wie deur belydenis van sonde en geloof in Christus geregtig is op die seëninge van die versoening. Die reiniging van die heiligdom bring dus ‘n werk van ondersoek mee - ‘n oordeelswerk. Hierdie werk moet gedoen word voor die wederkoms van Christus om Sy volk te verlos, want wanneer Hy kom, kom Hy met Sy loon om almal te vergeld volgens hulle werke. [Openb 22:12(GS 482))DBo 144.7

    Beide die profesie van Daniel 8:14, “Tweeduisend driehonderd aande en mores, dan sal die heiligdom in sy regte stand herstel word” en die eerste engel se boodskap, “Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van Sy oordeel het gekom,” wys op Christus se bediening in die allerheiligste plek, naamlik die ondersoekende oordeel en nie op die koms van Christus vir die verlossing van Sy volk en die vernietiging van die goddelose nie. Die fout is begaan, nie in die berekening van die profetiese tydperke nie, maar in verband met die gebeurtenis wat aan die einde van die 2,300 dae moes plaasvind. [GS 486]DBo 145.1

    Die koms van Christus as ons Hoëpriester na die Allerheiligste plek vir die reiniging van die heiligdom soos in Dan 8:14 verklaar; die koms van die Seun van die mens na die Oue van dae, soos in Dan. 7:13 geopenbaar en die koms van die Here na Sy tempel, soos deur Maleagi voorspel, is beskrywings van dieselfde gebeurtenis en dit is ook voorgestel deur die koms van die bruidegom soos deurChristus beskryf in die gelykenis van die tien jong meisies in Matt.25. [GS 488]DBo 145.2

    In die gelykenis van Mattheus 22 word dieselfde beeld van ‘n bruilof gebruik en daar word die ondersoekende oordeel voorgestel as ‘n werk wat plaasvind voor die bruilof. Net voor die bruilof kom die koning die gaste ondersoek (v. 11) om te sien of almal die bruilofskleed aan het, naamlik die vlekkelose kleed van karakter, gewas en wit gemaak in die bloed van die Lam. (Openb. 7:14) Die een wat sonder die bruilofskleed aangetref is, is uitgewerp, maar almal wat die bruilofskleed aangehad het, is deur God aangeneem en waardig geag om ‘n deel in Sy koninkryk te hê en om op Sy troon te sit. Hierdie werk van die ondersoek van die karakter of die vasstelling wie almal gereed is vir die koninkryk van God, stel die ondersoekende oordeel voor, die sluitingswerk in die heiligdom daarbo.DBo 145.3

    Wanneer die ondersoekingswerk klaar is, wanneer die lewens van almal wat deur die eeue heen bely het dat hulle navolgers van Christus was, ondersoek is, dan en nie voor daardie tyd nie, sal die genadetyd sluit en die genadedeur toegaan. In daardie een kort sinnetjie:“En die wat gereed was, het saam met Hom ingegaan na die bruilof en die deur is gesluit.” word ons gebring tot die einde van die Heiland se laaste bediening en tot die tyd wanneer die werk vir die verlossing van die mens voleindig is. [GS 491 ]DBo 146.1

    Toe die hoëpriester in die sinnebeeldige diens die Heilige plek op die versoendag verlaat het, het hy voor God ingegaan met die bloed van die sondoffer ten behoewe van al die Israeliete wat waarlik hul sondes bely het. Christus het dus maar een deel van al Sy werk as Middelaar volbring, om te begin met die ander deel van Sy werk en Hy pleit nog Sy bloed voor die Vader ten behoewe van sondaars. [GS 492]DBo 146.2

    Dit is diegene wat Jesus in geloof volg in die groot werk van versoening wat die seëninge van Sy middelaarswerk vir hulle ondervind, terwyl diegene wat die lig wat hierdie bedieningswerk openbaar, verwerp, geen seën ontvang nie. [GS 493/4]DBo 146.3

    Die groot Offer was geoffer en aangeneem en die Heilige Gees wat op Pinksterdag neergedaal het, het die aandag van die dissipels van die aardse op die hemelse heiligdom gevestig, waarin Jesus gegaan het deur Sy eie bloed, om op Sy dissipels die voordele van die versoening uit te stort. [EG 222]DBo 146.4

    So het diegene wat die onderwerp ondersoek het, onomstootlike bewys van die bestaan van die heiligdom in die hemel gevind. Moses het die aardse heiligdom gemaak volgens ‘n patroon wat aan hom getoon is. Paulus leer ons dat dit ‘n afbeeldsel van die ware heiligdom in die hemel was. Johannes getuig dat hy die heiligdom in die hemel gesien het.DBo 146.5

    In die hemelse tempel, die woonplek van God, is Sy troon in geregtigheid en oordeel bevestig. In die Allerheiligste plek is Sy wet, die groot maatstaf van reg waarvolgens die ganse mensheid geoordeel sal word. Die ark waarin die tafels van die wet is, is bedek met die versoendeksel waar Christus Sy bloed ten behoewe van die sondaar pleit. Hier het ons dus ‘n voorstelling van die vereniging van geregtigheid en genade in die verlossingsplan. [GS 475]DBo 146.6

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents