Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Leesstofbediening.

    As daar een werk is wat meer belangrik is as enige ander, dan is dit om ons leesstof voor die publiek te plaas, sodat hulle die Skrifte kan ondersoek. Sendingwerk - die plaas van ons leesstof in die gesinskringe en dan saam met hulle te bid, is ‘n goeie werk en een wat manne en vroue sal leer om pastorale werk te doen. [CM 7(4T 390)]DBo 99.3

    Wanneer ons kerklede die belangrikheid besef van leesstof verspreiding, sal hulle meer tyd daaraan bestee. Boeke en traktate sal in die huise geplaas word om die evangelie op verskillende maniere te verkondig... Die kerk moet aandag gee aan die leesstofbediening. Dit is een manier waarop sy haar lig kan laat skyn voor die wêreld. Dan sal sy voorwaarts gaan, skoon soos die maan, helder soos die son en verskriklik soos ‘n leër met baniere. [CM 7(Ms. 113,1901)]DBo 99.4

    Die belangrikheid van die leesstofbediening word gedurig onder my aandag gebring. In die laaste tyd is hierdie werk nie met die lewe besiel wat dit aanvanklik gegee is deur manne wat dit hul spesialiteit gemaak het nie. Kolporteurs is uit hul werk geroep om aan ander werk deel te neem. Dit hoort nie so nie. Baie van ons kolporteurs, as hulle waarlik bekeer en toegewy is, kan meer verrig in hierdie lyn as in enige ander, om die waarheid voor die mense tebring. [CM 7,8(6T 329)]DBo 99.5

    Dit is waar dat sommige mense die boeke sal koop en dit dan op die rak of tafel plaas sonder om ooit daarna te kyk. God sorg egter vir Sy waarheid en die tyd sal kom wanneer na hierdie boeke gesoek sal word en hulle gelees word. Siekte of ‘n ramp mag die huis tref en dan sal God deur die waarheid in die boeke vrede en hoop en rus aan bekommerde harte skenk. Sy liefde word aan hulle openbaar en hulle kan die kosbaarheid van Sy vergifnis begryp. Op hierdie wyse werk die Here saam met sy selfopofferende werkers. [CM 150(6T 313/4)]DBo 100.1

    Dit is aan my getoon dat selfs waar die mense luister na die gepredikte woord, die kolporteur nog sy werk moet voortsit in samewerking met die predikant; want al preek die predikant getrou die boodskap, kan die mense nie alles onthou nie. Die leesstof is dus nodig, nie alleen om hulle wakker te skud vir die belangrikheid van die boodksap nie, maar om hulle te grond in die waarheid en so te vrywaar van bedrieglike dwaling. [6T 315/6]DBo 100.2

    Ons leestof saai nou die evangelie saad en bring net soveel siele na Christus as die gepredikte woord. Kerke is al op die been gebring as gevolg van hul verspreiding. [CM 150(R&H Jun. 10,1880)]DBo 100.3

    Kolporteurs moet uitgaan in alle dele van die land. Die belangrikheid van die werk is gelyk aan die van die evangelie dienaar. Die lewende prediker en die stille boodskapper is albei nodig vir die voltooiing van die groot werk voor ons... Ons leesstof kan gaan geen dienste gehou kan word nie. [CM 8]DBo 100.4

    Laat wyse planne beraam word om verdienstelike studente te help om hulle eie skoolgeld te verdien deur die boeke te verkoop, as hulle so begeer. Die wat op hierdie manier genoeg geld verdien om te betaal vir hulle skoolgeld, doen terselfdertyd waardevolle praktiese ondervinding op wat hulle op ander gebiede sal bekvaam om sendingwerk te doen. [9T 79]DBo 100.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents