Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Uitvoerende Versoening

    Net soos die hoëpriester sy priesterlike kleed opsy gesit het en in die kleed van ‘n gewone priester gedien het, so het Christus Homself ontledig en die vorm van ‘n dienskneg aangeneem en die offerande geoffer, Hyself as priester, Hyself as slagoffer. Soos die hoëpriester, nadat hy die diens in die Allerheiligste voltooi het, uitgekom het na die wagtende volk in Sy hoëpriesterlike kleed, so sal Christus die tweede maal kom gekleed in die glorieryke reinwit kleed, so wit soos geen seep dit kan kry nie. Hy sal kom in Sy eie heerlikheid en in die heerlikheid van Sy Vader as Koning van konings en Here van here en die engeleskare sal Hom vergesel. [1 BC 11112(MS 113,1899)]DBo 147.1

    Diegene wat die geleentheid het om die waarheid te hoor en geen poging aanwend om dit te verstaan nie, omdat hulle dink dat as hulle dit nie hoor nie, hulle nie verantwoordelik sal wees nie, sal voor God net so skuldig staan asof hulle dit gehoor en verwerp het. Daar sal geen verskonings wees vir diegene wat in dwaling bly terwyl hulle die waarheid kon verstaan het nie. In Sy lyding en dood het Jesus versoening gedoen vir alle onwetende sondes maar daar is geen versoening vir moedswillige blindheid nie. [R&H Apr. 25, 1893(5BC 1145)]DBo 147.2

    In die teenwoordigheid van die vergaderde bewoners van die aarde en die hemel vind die finale kroning van die Seun van God plaas. En nou, beklee met die opperste majesteit en krag, spreek die Koning van die konings die vonnis uit oor die rebelle teen Sy regering en daar word regverdige straf uitgedeel aan diegene wat Sy wet oortree en Sy volk verdruk het. Die profeet van God sê: “Ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het en daar is geen plek vir hulle gevind nie. En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan en die boeke is geopen en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat geskrywe is in die boeke, volgens hulle werke.” [Openb. 2:11,12]DBo 147.3

    Sodra die boeke geopen word en die oog van Jesus op die goddelose gevestig is, word hulle bewus van elke sonde wat hulle nog ooit gepleeg het. Hulle sien presies waar hulle voete afgedwaal het van die weg van reinheid en heiligheid en presies hoe ver hoogmoed en opstand hulle gevoer het in die oortreding van die wet van God. Die verleidelike versoekings wat hulle aangemoedig het deur verlustiging in sonde, die seëninge wat hulle misbruik het, die boodskappe van God wat hulle verag het, die waarskuwing wat hulle verwerp het, die strome van genade wat hulle teruggehou het deur ‘n halsstarrige onboetvaardige hart - alles sien hulle nou soos met letters van vuur geskryf.DBo 147.4

    Bokant die troon verskyn die kruis en panoramies word die tonele vertoon van Adam se versoeking en sondeval en die agtereenvolgende stappe in die groot verlossingsplan. Die Heiland se nederige geboorte, Sy kinder - en jonge lingsjare van eenvoud en gehoorsaamheid; Sy doop in die rivier Jordaan; Sy vas en versoeking in die woestyn; Sy openbare bediening waarin Hy aan die mens die hemel se kosbaarste seëninge ontvou het; die dae vol dade van liefde en genade; die nagte van gebed en die waking in eensaamheid op die berge; die sameswerings van afguns, haat en kwaadwilligheid...DBo 148.1

    En nou, voor die slingerende skare word die eindtonele geopenbaar - die geduldige Lyer betree die pad na Golgota, die Vors van die hemel hangende aan die kruis; die trotse priesters en die honende gepeupel wat spot met Sy doodsangs; die bonatuurlike duisternis, die bewende aarde, die geskeurde rotse, die geopende grafte wat die oomblik aanwys toe die wêreld se Verlosser Sy lewe opgegee het. [GS 751,2]DBo 148.2

    [L.W. Die Ondersoekende oordeel en uitvoerende versoening word in die hoofstuk oor die Leer van die Laaste Dae meer breedvoerig behandel].DBo 148.3

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents