Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Mediese Sendingwerk

    God het verskillende gawes in die kerk geplaas. Hulle is kosbaar in hul regte plek en elkeen kan bydra in die werk om ‘n volk voor te berei vir Christus se spoedige wederkoms. [GW. 481 ]DBo 100.6

    Voeg die mediese sendingwerk saam met die verkondiging van die derde engel se boodskap. Wend gereelde, georganiseerde pogings aan om die kerklede uit die dooie slaap op te wek waarin hulle al vir jare verkeer. Stuur na die kerke werkers wat die beginsels van die gesondheidsboodskap sal uitlewe... Sien of die asem van die lewe nie na ons kerke sal terugkeer nie. ‘n Nuwe element moet in die werk ingebring word. [6T 267]DBo 100.7

    Ek bid om wysheid en die krag van God om aan julle te kan verduidelik wat die evangeliese sendingwerk behels. Dit is ‘n groot en belangrike afdeling van ons kerkwerk. Maar baie het die reine, veredelende beginsels wat aanvaarvare mediese sendingwerk onderskraag, uit die gesig verloor. [8T 206]DBo 101.1

    Die werk van die Here het honderde werkers nodig wat opgelei is in praktiese mediese werk, en wat gewillig is om van huis tot huis te arbei as onderwysers, 8ybelwerkers en kolporteurs. Sulke studente kan die skool verlaat sonder dat hulle hul beginsels van gesondheidshervorming of hulle liefde vir God opgeoffer het. [MM59]DBo 101.2

    Om vooroordeel te oorbrug en toegang tot mense te verkry, moet daar mediese sendingwerk gedoen word, nie net in een of twee plekke nie, maar in baie plekke waar die waarheid nog nie verkondig is nie. Ons moet werk as evangelie mediese sendelinge om vermoeide siele te genees deur aan hulle die boodskap van verlossing te bring. Hierdie werk sal vooroordeel afbreek soos geen ander middel nie. [Ev. 515(9T 211)]DBo 101.3

    Ek kan sien dat die mediese sendingwerk ‘n wig is waardeur siele bereik kan word. [CH 535]DBo 101.4

    Die mediese sendingwerk moet vir die werk van die kerk wees soos die regterarm vir die liggaam. Die derde engel verkondig die gebooie van God en die geloof in Jesus. Die mediese sendingwerk is die evangelie in werking. Alle aspekte van die werk moet saamvloei in volmaakte harmonie om die uitnodiging te gee:“Kom, want alle dinge is gereed.” [8T 77]DBo 101.5

    Die mediese sendingwerk moet nie geskei word van die evangeliebediening nie. Die Here het aangedui dat die twee nou sal saamwerk soos die arm en die liggaam. Sonder hierdie eenheid is nie een van die twee volkome nie. Die mediese sendingwerk is die evangelie in beeld. [6T 241 ]DBo 101.6

    Die mediese sendingwerk is God se werk en dra Sy stempël en wyl middele nie gebruik moet word wat die werk kan verhinder of mank laat gaan in nuwe gebiede nie, moet dit nie as onbelangrik beskou word nie...DBo 101.7

    Die werk wat nou gedoen word in mediese sendingwerk moes jare gelede al gedoen gewees het en sou gedoen gewees het as Gods volk waarlik bekeerd was tot die waarheid. As hulle die woord studeer het met nederige harte en as hulle eerbiedig die God van die heelal se wil gesoek het in plaas van hulleself te behaag. As ons lede die werk gedoen het, sou baie mense van vermoë en invloed bekeerd gewees het en by ons aangesluit het om die boodskap van Christus se wederkoms te verkondig. [6T 300/1 (MM 241)]DBo 101.8

    Ons het nou ‘n tyd bereik waar elke lid van die kerk die mediese sendingwerk moet aanpak. Die wêreld is ‘n siekehuis vol van die prooi van beide liggaamlike en geestelike krankhede. Mense gaan oral verlore weens ‘n gebrek aan die waarhede wat aan ons toevertrou is. [7T 62]DBo 102.1

    Nederige getroue manne moet met hierdie boeke uitgaan as kolporteur evangeliste om die waarheid te neem na diegene wat anders nooit verlig sou word nie. Diegene wat die werk aanpak moet gereed wees om mediese sendingwerk te doen. Die siekes en lydenes moet gehelp word. Baie vir wie die erbarmingswerk gedoen word sal luister na die woorde van die lewe en dit aanneem. [9T 289]DBo 102.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents