Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Rentmeesterskap

    Moenie klagtes en murmurering in hulle harte en verstande plaas wat nie sou bestaan as jy dit nie suggureer nie. Leer met pen en stem dat ons moet werk; dat God mense rentmeesters gemaak het dat hulle kan help met die verskillende ondernemings vir die vooruitgang van Sy saak; dat die tiendes en offergawes slegs ‘n klein deeltjie is van wat God van hulle vereis; dat hulle vinnig moet werk want die genadedeur gaan binnekort sluit. [R&B. Des. 18, 1883 (1:384)]DBo 105.2

    Die Here verrig nie wonderwerke waar Hy die middele voorsien het waardeur die werk gedoen kan word nie. Gebruik julle tyd en talente in Sy diens en Hy sal nie faal in Sy medewerking met julle nie. [R&H Julie 11,1888(2:229)]DBo 105.3

    Elke geleentheid om ‘n behoeftige broeder te help of om die saak van die Here vir die verspreiding van die waarheid te ondersteun is ‘n pêrel wat jy vooruit na die hemel kan stuur. [5T 249]DBo 105.4

    Die gebrek aan beginsel wat openbaar word deur diegene wat die fondse van die Here misbruik, sal ook in sy bestuur van ander sake openbaar word. Dit sal in al die sake rakende sy persoonlike finansies openbaar word. Die man wat God beroof is besig om karaktertrekke te ontwikkel wat hom toegang tot die gesin van God omhoog sal kos. [6T 391 ]DBo 105.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents