Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 2 - Die Leerstuk oor Christus.

    Jesus se karakter

    Hy was skerpsinnig en wakker, met ‘n bedagsaamheid en wysheid ver bokant sy ouderdom, met ‘n mooi en ewewigtige karakter. Verstandelik en liggaamlik het Hy gelydelik ontwikkel, ooreenkomstig die wette van die jeug. As kind het Jesus ‘n besonder lieflike geaardheid geopenbaar. Sy gewillige hande was altyd gereed om te dien. Hy het ‘n geduld gehad wat niks kan verstaan nie en ‘n onwrikbare waarheidliewendheid en onomkoopbaarheid. In beginsel was Hy rotsvas en ‘n onselfsugtige hoflikheid het Sy lewe versier. [KE. 41]DBo 21.1

    As werksman was Hy volmaak, soos Sy karakter was. Hy het deur Sy eie voorbeeld geleer, dat ons ywerig, presies en deeglik in ons werk moet wees en dat sulke arbeid eerbaar is. [KE. 45]DBo 21.2

    Jesus het die volk op gelyke voet ontmoet, soos een wat bekend is met hul moeilikhede. Hy het die waarheid mooi laat klink deur dit in die eenvoudigste, mees regstreekse bewoording te klee. Sy taal was suiwer, verfynd en helder soos ‘n bergstroom. Sy stem was musiek vir die mense wat aan die eentonige stemme van die rabbi’s gewoond was. Alhoewel Hy in eenvoud geleer het, het Hy gepraat soos een wat gesag het. Hy was eerder plegtig as hartstogtelik.Hy het gepraat soos Een wat ‘n bepaalde sending te vervul het. Hy het die aandag op die werklikhede van die ewige dinge gevestig. In elke tema is God geopenbaar. [KE. 212]DBo 21.3

    Sy tere ontferming het heling vir die vermoeide en belaste gebring. Selfs te midde van die oproerigheid en verwoede vyande het ‘n atmosfeer van vrede Hom omring. Die skoonheid van Sy gelaat, die lieflikheid van Sy karakter en bo alles, die liefde wat Sy oë en Sy stem weerspieël het, het almal wat nie deur ongeloof verhard is nie na Hom getrek. [KE.213]DBo 21.4

    Die hoedanighede wat almal moet besit is die wat Christus se karakter afgerond het - Sy liefde, Sy geduld, Sy onselfsugtigheid en Sy goedheid. Deur die karakter van Christus te aanskou, sal u in Sy beeld verander word. Net die genade van Christus kan u hart verander en dan sal u die beeld van Jesus weerspieël. God roep ons om soos Hy te wees - rein, heilig, onbevlek. Ons moet die ewebeeld van God wees. [SD. 102]DBo 21.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents