Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Verbond

    Op dieselfde manier as wat die Bybel twee wette voorhou waarvan een onveranderlik en ewig en die ander voorlopig en tydelik was, so is daar ook twee verbonde. Die genadeverbond is oorspronklik in Eden met die mens aangegaan toe God hom na die sondeval beloof het dat die vrou se saad die slang se kop sou vermorsel. Hierdie verbond het vir alle mense vergifnis en die ondersteundende genade van God beloof vir toekomstige gehoorsaamheid deur geloof in Christus. Dit het ook aan hulle die ewige lewe belowe op voorwaarde dat hulle aan Gods wet getrou bly. So het die patriarge die hoop op die verlossing ontvang.DBo 120.3

    Hierdie selfde verbond is met Abraham vernu in die belofte:“ln .iou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word.” [Gen. 22:18]. Hierdie belofte het na Christus verwys. So het Abraham dit verstaan [Gal. 3:8,16] en hy het op Christus vertrou vir die vergifnis van sondes. Dit was daardie .geloof wat Vir hom tot regverdigheid gereken is.DBo 120.4

    Ondanks hierdie verbond met Adam gemaak en met Abraham hernu is, kon dit nie voor die dood van Christus bekragtig word nie. Weens die belofte vanDBo 120.5

    God het die verbond bestaan vandat die eerste wenk van verlossing gegee was. Dit is deur die geloof aangeneem, nogtans word dit ‘n nuwe verbond genoem nadat Christus dit bekragtig het. Die wet van God was die grondslag van die verbond wat eenvoudig'n reëling was om mense weer in ooreenstemming te bring met die wil van God en hulle te vestig waar hulle Godswet kon gehoorsaam. [pp 381/2]DBo 121.1

    As pand van hierdie verbond van God met die mensdom het ‘n rokende oond en ‘n vurige fakkel, sinnebeelde van die Goddelike teenwoordigheid, tussen die verdeelde offerdiere deurgegaan en hulle geheel en al verteer. By herhaling het Abraham ‘n stem die oordrag van die land Kanaan aan sy nageslagte “van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier,” hoor bevestig. [PP136]DBo 121.2

    Aan my is gesê om die denke van ons mense te vestig op die ses-en-vyftigste hoofstuk van Jesaja. Hierdie hoofstuk bevat belangrike lesse vir diegene wat aan die Here se kant van die stryd tussen goed en kwaad veg.” So sê die Here: Bewaar die reg en doen geregtigheid, want My heil is naby om te kom en My geregtigheid om geopenbaar te word... Elkeen wat die Sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie en hulle wat vashou aan My verbond, hulle sal Ek bring na My heilige berg.” Dit verwys na die verbond in Eks. 19.DBo 121.3

    Die verbond wat God met Sy volk by Sinai gemaak het, moet ons toevlug en sterkte wees... “En Moses het gekom en die oudstes van die volk bymekaar geroep en voor hulle hierdie woorde gespreek:... En die hele volk het geantwoord, en gesê: Alles wat die Here sê sal ons doen.” Hierdie verbond is nog net so van krag vandag as toe die Here dit met Israel gemaak het. [Off. 1:449 (R&HMrt. 1,1904)]DBo 121.4

    Van kardinale belang vir die kerk van God vandag as bewerkers van Sy win gerd, is die boodskappe met raad en vermaning deur die profete gegee wat Sy ewige wil vir die mens duidelik maak. In die lesse van die profete word Sy liefde vir ‘n verlore wêreld en Sy plan vir hulle verlossing duidelik openbaar. [PK 22]DBo 121.5

    Die verlossingsplan deur die dood van Christus, die groot Soenoffer en Sy heerlike koms is aan hom geopenbaar. Abraham het dit ook in Sy Edense skoonheid herstel gesien soos dit in die uiteindelike en volledige vervulling van die belofte as ewige besitting aan hom gegee sal word. [PP136]DBo 121.6

    In hierdie gesig is die verlossingsplan aan Jakob geopenbaar, nie ten volle nie, maar die dele wat toe vir hom noodsaaklik was. Die geheimsinnige leer wat hy in sy droom gesien het, was dieselfde as die waarna Christus in Sy gesprek met Natanael verwys het. Hy het gesê:“Van nou af sal julle die hemel geopen sien en die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens.” [Joh. 1:S2(PP 187/8)]DBo 121.7

    Terwyl Moses op die berg was, het God nie net die tafels van die wet aan hom gegee nie, maar ook die verlossingsplan verduidelik. [PP 336]DBo 122.1

    Terwyl Saul saam met die profete aanbid het, het die Heilige Gees ‘n groot verandering in hom teweeggebring. Die lig van Goddelike reinheid en heiligheid het die duisternis van die natuurlike hart verdring. Hy het homself gesien soos hy werklik voor God was. Hy het die heilige sieraad gesien. Nou is hy geroep om die stryd teen die Satan aan te knoop en hy het gevoel dat sy krag vir hierdie stryd geheel en al van God moes kom. Die verlossingsplan wat voorheen vir hom dof en onseker voorgekom het, het voor sy gemoed oopgegaan. Die Here het hom die krag en wysheid vir sy hoë pos gegee. Hy het die Bron van krag en genade aan hom geopenbaar en hom laat verstaan wat God van hom as sy plig eis. [PP 647]DBo 122.2

    Die Joodse tabernakel was ‘n tipe van die Christelike kerk... Die kerk op aarde, wat bestaan uit die wat getrou en lojaal aan God is, is die ware tabernakel met die Verlosser as middelaar. God en nie en mens nie, het hierdie tabernakel op hoë grond opgerig.DBo 122.3

    Die tabernakel is die liggaam van Christus en Hy bring van noord, suid, oos en wes diegene wat dit saamstel. ‘n Heilige tabernakel word gebou deur diegene wat Christus as hul persoonlike Saligmaker aanvaar. [7 BC 931 (ST Feb. 14,1900)]DBo 122.4

    Ons groot Hoëpriester het die rol van offerande volbring toe Hy buite die poorte gely het. ‘n Volmaakte versoening is gemaak vir die sonde van die volk. Jesus is ons Voorspraak, ons Hoëpriester, ons Middelaar. Ons huidige posisie is dus die van ou Israel, wat in die voorhof staan en wag vir die salige hoop en die verskyning van ons Heer en Verlosser, Jesus Christus. In die dood van Christus as lam geslag vir die sonde van die wêreld, het die beeld sy vervulling verkry. Die groot Hoëpriester het die enigste offerande gemaak wat van waarde kan wees. [7 BC 913]DBo 122.5

    In hierdie openbaringe van die Goddelike teenwoordigheid is die heerlikheid van God deur Christus geopenbaar. Nie net tydens die eerste koms van Christus nie, maar in al die eeue na die val en in die belofte van die verlossing het “God in Christus die wêreld met Homself versoen” (2 Kor. 5:9). In sowel die eeu van die patriarge as in die bedeling van die Jode was Christus die grondslag en die middelpunt van die offerstelsel. Sedert die sonde van ons stamouers was daar geen regstreekse gemeenskap tussen God en mens nie. Die Vader het die wêreld in die hande van Christus oorgelaat sodat Hy die mensdom deur middel van Sy middelaarswerk kan verlos en die gesag en heiligheid van die wet van God kan verdedig. Alle gemeenskap tussen die hemel en die gevalle mensdom het deur middel van Christus geskied. Dit was die Seun van God wat die belofte van die verlossing aan ons stamouers gegee het. Dit is Hy wat Hom aan die patriarge geopenbaar het. Adam, Noag, Abraham, Isak, Jakob en Moses het die evangelie verstaan. Hulle het die verlossing deur die mens se Pand en Plaasvervanger verwag. Daardie heilige manne van ouds het gemeenskap gehou met die Verlosser wat in mensevlees na die aarde sou kom en sommige van hulle het van aangesig tot aangesig met Christus en met hemelse engele gepraat.DBo 122.6

    Christus was nie net die leier van die Hebreërs in die woestyn, die Engel in wie die Naam van Jehova was en wat in die sluier van die wolkkolom voor die volk uitgegaan het nie - maar dit was Hy wat die wet aan Israel gegee het. Te midde van die vreeslike heerlikheid van Sinai het Christus ten aanhore van die hele volk die tien voorskrifte van Sy Vader se wet bekend gemaak. Dit is Hy wat die wet op die twee kliptafels gegraveer en dit toe aan Moses gegee het.DBo 123.1

    Dit is Christus wat deur die profete tot Sy volk gespreek het. In sy sendbrief aan die Christelike gemeente sê die apostel Petrus dat die profete “geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy voor-uit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna” (1 Pet. 1:10,11). Dit is die stem van Christus wat deur die Ou Testament tot ons spreek. “Die getuienis van Jesus is die gees van profesie”. (Openb. 19:10]DBo 123.2

    Toe Jesus onder Sy volk verkeer en hulle geleer het, het Hy die aandag van die volk op die Ou Testament gevestig. Aan die Jode het Hy gesê: “Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het en dit is die wat van My getuig (Joh. 5:39)” Die boeke van die Ou Testament was destyds al deel van die Bybel wat bestaan het. Weer het die Seun van God gesê:“Hulle het Mosesen die Profete; laat hulle na die luister.” En toe het Hy bygevoeg: “As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, ai sou iemand ook uit die dode opstaan.” [Luk. 16:29,31 ]DBo 123.3

    Christus het die seremoniële wet gegee. Selfs nadat dit nie meer van krag was nie, het Paulus die regte plek en waarde daarvan aan die Jode voorgehou deur aan te toon waar dit by die verlossingsplan inpas en wat sy verhouding is tot die werk van Christus en die groot apostel verklaar dat hierdie wet heerlik en sy Goddelike oorsprong waardig is. Die plegtige diens van die heiligdom het belangrike waarhede voorgestel wat deur navolgende geslagte geopenbaar sou word. Die wierook wolk wat saam met die gebede van Israel opgestyg het, is ‘n voorstelling van Sy geregtigheid wat alleen in staat is om die sondaar se gebede vir God aanneemlik te maak; die bloeiende slagoffer op die brandofferaltaar het getuig van ‘n Verlosser wat sou kom en uit die allerheiligste plek het die sigbare teken van die Goddelike Teenwoordigheid geskyn. Deur al die eeue van duisternis en afvalligheid is die geloof langs hierdie weg in menseharte brandende gehou totdat die tyd vir die koms van die beloofde Messias aangebreek het.DBo 124.1

    Voordat Hy in die gedaante van ‘n mens op aarde verskyn het, was Jesus reeds die lig van Sy volkdie Lig van die wêreld. [PP376-378]DBo 124.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents