Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    ’n Persoonlike Wese.

    Christus en Sy dissipels het duidelik geleer van die bestaan van ‘n persoonlikeGod [8T.266]DBo 5.3

    Wonderbare verklaring! Die eenheid wat bestaan tussen Christus en Sy dissipels vernietig nie enigeen se persoonlikheid nie. Hulle is een in doel, in denke en karakter, maar nie in wese nie. Dit is op die wyse dat God en Christus een is. [8T.269]DBo 5.4

    As ‘n persoonlike wese het God Homself in Sy Seun geopenbaar. Jesus, die afskynsel van die Vader se heerlikheid” en die afdruksel van Sy wese” (Heb. 1:3) is op aarde gevind in die gelykenis van ‘n mens. [8T.265]DBo 5.5

    Die Almag wat deur die hele natuur werk en alles onderhou, is nie soos sommige wetenskaplikes dit voorstel, slegs ‘n allesdeurdringende beginsel, ‘n vermoënde energie nie. God is gees, tog is Hy ‘n persoonlike wese want die mens is in Sy beeld geskape. God se handewerk in die natuur is nie God self in die natuur nie. [8T.263]DBo 5.6

    Die Skrifte wys duidelik die verhouding tussen God en Christus en hulle openbaar net so duidelik die persoonlikheid en individualiteit van elkeen. [HH.401]DBo 5.7

    Met betrekking tot die persoonlikheid en prerogatiewe van God, waar Hy is en wat Hy is, is ‘n onderwerp wat ons nie durf aanraak nie. [MM.92]DBo 5.8

    God het gesien dat ‘n duideliker openbaring nodig was van Sy persoonlikheid en karakter as wat die natuur kon uitbeeld. Hy het Sy Seun na die wêreld gestuur om, sover die mens dit kon verduur, die wese en eienskappe van die onsigbare God te openbaar. [8T.265]DBo 5.9

    Alles wat geskape is getuig van Sy krag, Sy wysheid en Sy liefde, maar nóg van die sterre, nóg van die oseaan, nóg van die waterval kan ons die persoonlikheid van God leer ken soos dit in Christus Jesus geopenbaar is. [HH.399]DBo 6.1

    In al die dade van genade wat Jesus gedoen het, het Hy gestreef om by die mense die vaderlike, liefdevolle eienskappe van God tuis te bring. [SD.139]DBo 6.2

    Christus se geliefkooste tema was die vaderlike karakter en oorvloedige liefde van God. Hierdie kennis van God was Christus se eie gawe aan die mens en die gawe het Hy aan Sy volk toevertrou om aan die wêreld mee te deel. [6T.55]DBo 6.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents