Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Huis en die Huwelik.

    Die huwelik is iets wat jou hele lewe sal raak en beïnvloed, hier en hiernamaals. ‘n Opregte Christen sal nie planne beraam in die rigting nie tensy hy weet dat God dit goedkeur. Hy sal nie vir homself wil kies nie, maar sal voel dat die Here vir hom moet kies. Ons moet nie onsself behaag nie, want Christus het nie Homself behaag nie. Ek wil nie hê dat jy moet dink dat ek sê jy moet met iemand trou wat jy nie lief het nie. Dit is sonde. Verbeelding en die emosionele natuur moet nie toegelaat word om tot verderf te lei nie. [AH 43 (RH 25 Sept.1888)]DBo 81.3

    God het uit die man ‘n vrou gemaak om vir hom ‘n gesellin en hulp te wees, om een te wees met hom, om hom bly te maak, aan te moedig en te seën en hy moet op sy beurt haar sterk helper wees. Almal wat die huweliksverhouding met ‘n heilige doel aangaan die man om die suiwer liefde van ‘n vrou se hart te verkry, die vrou om haar man se karakter te verfyn en te verhef en dit volheid te gee, - vervul God se wil vir hulle.DBo 81.4

    Christus het nie gekom om die instelling te vernietig nie, maar om dit te herstel tot sy oorspronklike heiligheid en verhewendheid. Hy het gekom om die sedelike beeld van God in die mens te herskep, en Hy het Sy werk begin deur die huweliksverband te heilig. [AH 99 (MS.16,1899)]DBo 81.5

    As diegene wat aan trou dink nie ellendige, ongelukkige nabye tragting oor hulle huwelik wil hê nie, moet hulle dit nou die onderwerp van oordenking maak. ‘n Onwyse keuse is een van die mees effektiewe middele om die bruikbaarheid van jong manne en vroue te vernietig. Die lewe word ‘n las, ‘n vloek. Niemand kan so doeltreffend ‘n vrou se geluk en nuttigheid vernie-tig nie en haar ‘n hartverskeurende lewe lei as haar eie man nie; en nie een kan ‘n honderdste doen om die hoop en toekomsverwagting in ‘n man te verydel, sy lewenskrag te verlam en sy invloed en vooruitsigte te vernietig, as sy eie vrou nie. Dit is met die troue dat die sukses en mislukking van baie mans en vrouens begin, in hierdie lewe sowel as in die hiernamaals. [AH 43 (RH 2 Feb.l 886)]DBo 81.6

    Groot versigtigheid moet aan die dag gelei word deur Christen jongmense in vriendskapsbande en in die keuse van maats. Pasop dat wat jy nou dink suiwer goud is en nie dalk onedel metaal blyk te wees nie. Wêreldse bande neig om struikelblokke te plaas in die weg van jou diens vir God en baie siele gaan ten gronde deur ongelukkige verbindings in besigheid of in die huwelik met diegene wat nie kan ophef of veredel nie. [AH 44]DBo 82.1

    Laat ‘n jong man een soek om aan sy sy te staan wat bekwaam is om haar deel van die lewenslas te dra, een wie se invloed hom sal veredel en verfyn, en wat hom gelukkig sal maak in haar liefde.DBo 82.2

    Die keuse van ‘n lewensmaat moet van so ‘n aard wees dat dit die beste fisiese, verstandelike en geestelike welsyn sal verseker vir beide ouers en kinders - sodat dit beide ouers en kinders in staat sal stel om hulle medemens tot seën te wees en hul Skepper te vereer. [AH 45]DBo 82.3

    Hier is dinge wat oorweeg moet word: Sal die een met wie jy trou geluk in jou huis inbring? Is [sy] ‘n ekonomis, of sal sy, as sy eers getroud is, al haar verdienste sowel as joune gebruik om haar ydelheid te bevredig? Is haar beginsels reg in hierdie rigting...DBo 82.4

    In jou keuse van ‘n vrou, studeer haar karakter. Sal sy geduldig en sorgsaam wees? Of sal sy ophou om vir jou vader en moeder te sorg juis wanneer hulle ‘n sterk steun nodig het om op te leun? [AH 46]DBo 82.5

    Laat die vrou wat ‘n vreedsame, gelukkige huwelik begeer, wat haar toekomstige ellende en verdriet wil vryspring, voordat sy haar liefde gee, eers vra: Het my beminde ‘n moeder? Wat is haar karakter? Erken hy sy verpligtinge teenoor haar? Is hy bedagsaam vir haar wense en geluk? As hy nie sy moeder respekteer en eer nie, sal hy respek en liefde teenoor sy vrou toon? Wanneer die nuwigneid van die liefde verflou sal hy my nog lief hê? Sal hy geduldig wees teenoor my foute of sal hy krities, oorheersend en baasspelerig wees? Ware toegeneentheid sien foute oor; liefde sien hulle nie raak nie. [AH 47] Vermy die wat oneerbiedig is. Vermy die een wat ‘n liefhebber is van ledigheid; vermy die een wat heilige dinge bespot. Vermy die geselskap van een wat vuiltaal gebruik of verslaaf is aan selfs een glas drank. Moenie luister na die voorstelle van'n man wat geen besef het van sy verantwoordelikheid teenoor God nie. Die waarheid wat die siel reinig sal jou die moed gee om jouself los te maak van die mees aangename kennis wat, soos jy weet, God nie liefhet of vrees nie en wat niks weet van die beginsels van ware geregtigheid nie. [AH 50,51]DBo 82.6

    Ware liefde is ‘n hoë en heilige beginsel, totaal verskillend in aard van daardie liefde wat deur aandrif opgewek word, en wat spoedig sterf as dit beproef word...DBo 83.1

    Daardie liefde wat geen beter fondament het as blote sensuele bevrediging nie, sal koppig, blind en onbeheerbaar wees...DBo 83.2

    Ware liefde is nie ‘n sterk, vurige, ontstuimige passie nie. Inteendeel, dit is kalm en diep in aard. Dit sien verby die uiterlike en word slegs deur eienskappe aangetrek. Dit is wys en oordeelkundig en sy toewyding is werklik en blywend. [AH 50,51]DBo 83.3

    As manne en vroue die gewoonte het om twee maal per dag te bid voordat hulle aan trou dink, dan moet hulle vier maal per dag bid as hulle so ‘n stap beoog. Die huwelik is iets wat jou lewe raak en beinvloed, hier in dié lewe en in die hiernamaals. [AH 71]DBo 83.4

    Dogters word nie selfverloëning en selfbeheer geleer nie. Hulle word vertroetel en hoogmoed word aangewakker. Hulle word hulle eie wil toegelaat sodat hulle koppig en astrant word en jy buite raad is om te weet hoe om hulle van ondergang te red. Satan por hulle aan totdat hulle ‘n spreekwoord word in die mond van ongelowiges omrede hulle vrypastigheid en gebrek aan eerbaarheid en vroulike ingetoënheid. Die jong seuns word net so aan hulleself oorgelaat. Hulle is skaars in hulle tienerjare en hulle is al by die meisietjies van hulle eie ouderdom, neem hulle huistoe en sit ‘n vryery aan die gang. En die ouers is so totaal gevange geneem deur hulle eie verwenning en misplaasde liefde vir hul kinders dat hulle nie durf optree om ‘n verandering te maak om hulle vroegryp kinders te beheer in ‘n vinnige [vrypostige] lewe nie. [AH 52]DBo 83.5

    Sal kinders slegs hulle eie begeertes en neigings raadpleeg ongeag die advies en oordeel van hul ouers. Sommige skyn nie eers te dink aan die ouers se wense of voorkeur nie nog minder hulle te steur aan hulle volwasse oordeel nie. Selfsug het die deur van hul harte gesluit vir kinderliefde. Die denke van die jeug moet wakker geskud word in die saak. Die vyfde gebod is die enigste gebod waaraan ‘n belofte geheg is, maar dit word ligtelik opsy gestoot en selfs geïgnoreer deur die beminde se aanspraak. Minagting van ‘n moeder se liefde, ontering van ‘n vader se sorg, is sondes wat teen menige jong persoon opgeteken staan. [AH 72]DBo 83.6

    My liewe broer en suster: Julle het verenig in ‘n lewenslange verbond. Julle opvoeding in die getroude lewe het besing . Die eerste jaar van getroude lewe is ‘n jaar van ondervindings, ‘n jaar waarin man en vrou mekaar se onderskeie karaktertrekke leer ken, soos ‘n kind sy lesse op skool leer. In hierdie, die eerste jaar van julle getroude lewe, laat daar geen hoofstukke wees om julle toekomstige geluk te skaad nie. Om die huweliksverhouding behoorlik te begryp, is ‘n lewenslange taak. [AH 102; 7 T 45]DBo 84.1

    In julle lewensband moet julle liefde mekaar se geluk aanvul. Elkeen moet bydra tot die ander se geluk. Dit is die wil van God vir julle. Maar terwyl julle tot een saamsmelt, moet nie een van julle sy indiwidualiteit in die ander verloor nie. God is die eienaar van julle indiwidualiteit van Hom moet julle vra: Wat is reg? Wat is verkeerd? Hoe kan ek die beste die doel van my skepping vervul?DBo 84.2

    Julle liefde vir dit wat menslik is, moet sekondêr wees tot julle liefde vir God. [4 T 46]DBo 84.3

    Die huwelik, ‘n lewenslange verbintenis, is ‘n simbool van die band tussen Christus en Sy kerk. Die gees wat Christus openbaar teenoor Sy kerk, is die gees wat die man en vrou teenoor mekaar moet openbaar...DBo 84.4

    Nog die man, nog die vrou moenie aanspraak maak op heerskappy nie. Moenie mekaar probeer dwing om iets te doen wat jy verlang nie. Julle kan dit nie doen en mekaar se liefde behou nie. [7 T 46/7]DBo 84.5

    Mans en vrouens moet hulleself aan God toewy aan die begin van hul getroude lewe...DBo 84.6

    Hoe versigtig en wyslik die huwelik ookal beplan is, is baie min paartjies volkome verenig wanneer die huwelik voltrek word. Die ware eenwording in die huwelik is die werk van die jare wat daarop volg. [MH 359/60]DBo 84.7

    Om ‘n ware verstandhouding in die huwelik te verkry is die werk van ‘n leeftyd. Dié wat hulle in die huwelik begewe, begin ‘n skool loopbaan waaruit hulle nooit afstudeer nie. [7 T 45] DBo 84.8

    Om met harte te speel is geen geringe misdaad in die oog van ‘n heilige God nie. En tog sal sommige geneentheid toon teenoor jong dames en hulle toegeneentheid opwerk, en dan eenvoudig weggaan en vergeet van die woord.” wat hulle gespreek het en die uitwerking daarvan. Hulle word aangetrek deur ‘n nuwe gesig en herhaal dieselfde woorde, wy aan ander dieselfde aandag. [AH 57]DBo 85.1

    ’n Jong man wat die geselskap geniet en die vriendskap wen van ‘n jong dame sonder die wete van haar ouers, handel nie opreg met haar of haar ouers nie... Om hulle doel te bereik, handel hulle op ‘n wyse wat nie eerlik en openhartig is nie, en ook nie volgens Bybelse standaarde nie... Huwelike wat onder die omstandighede voltrek word is nie volgens die woord van God nie. Hy wat ‘n dogter weglei van haar plig af en haar verwar in haar idees van God se duidelike en uitdruklikie bevele om haar ouers gehoorsaam te wees en te eer, is nie een wat getrou sal wees aan die huweliks verpligting nie. [AH 57/58]DBo 85.2

    Van tyd tot tyd gebeur dinge op die kampgronde wat skyn elke poging tot raad en arbeid te weerstaan. En dit maak die werk van die predikant baie ontmoedigend. Daar is ‘n neiging aan die kant van sommige van die jeug teenwoordig om te veel aandag aan die jong dames te toon. As hierdie gees eers ‘n vastrapplek kry, werk dit soos suurdeeg en baie min indruk kan gemaak word op die jeug. Totdat hierdie gees totaal uitgeroei word en vervang word met die sagmoedigheid en nederigheid van Christus, word hulle geestelike groei vertraag en alles wat aan hulle gesê word rol van hulle af soos water van ‘n eend se rug. [RH 4 Nov.1884 (1:473)]DBo 85.3

    Die Satan se engele waak saam met diegene wat ‘n groot deel van die nag aan hofmakery wy. As hulle oë geopen kan word sal hulle sien dat ‘n engel hulle woorde en dade opteken. Die wette van kuisheid en gesondheid word oorskry. Dit sou meer paslik wees as sommige van die ure van hofmakery kon oorstaan tot na die huwelik maar in die algemeen eindig die minsaamheid gedurende hofmakery getoon, met die huwelik. [AH 56]DBo 85.4

    Hoekom is daar die swakheid? [die onvermoë om sondige begeertes te onderdruk] Dit is omdat die dierlike neigings versterk is deur gebruik totdat hulle bo toon voer oor die hoër magte. Manne en vroue kort beginsel en vastheid. Hulle sterf geestelik omdat hulle vir so lank die natuurlike luste gepamperlang het dat hulle selfbeheer skynbaar verdwyn het. Die laere drifte van hulle natuur het die leisels oorgeneem en dit wat die besturende mag moet wees, het die slaaf van verdorwe drifte geword. Die siel is vasgevang in felle verslaafdheid. Sensualiteit het die begeerte vir heiligheid geblus, en geestelike groei gestrem. [2T 348]DBo 85.5

    Dit is nadelig om te oorwerk, maar die gevolge van luiheid is meer te vrees. Ledigheid lei tot die vorming van verdorwe gewoontes. Werksaamheid put die persoon nie een vyfde deel soveel uit as die verderflike gewoonte om te masturbeer nie. [2T 348/9]DBo 86.1

    Vermy die lees en aanskouing van dinge wat onrein gedagtes sal suggereer. Ontwikkel die sedelike en intellektuele kragte. [2T 410]DBo 86.2

    Jy sal ‘n getroue wagter moet word oor jou oë, ore en al jou sinne as jy jou gedagtes wil beheer en verhoed dat ydel en verdorwe gedagtes jou siel bevlek. Die krag van genade kan alleen die mees begeerlike werk verrig. [2T561]DBo 86.3

    Die dood voor oneer of die oortreding van Gods wet behoort die leuse van elke Christen te wees. [5T147]DBo 86.4

    As die gewoonte [van masturbasie] aanhou van vyftien jaar en ouer, sal die natuur protesteer teen die misbruik wat sy ly, en aanhou ly, en sal sy hul straf vir die oortreding van haar wette, vernaamlik van die ouderdom dertig tot vyf en veertig, met pyne en siektes van die stelsel, soos kwale van die lewer en longe, senuweepyne, rumatiek, kwale yan die ruggraat, die niere en kwaadaardige gewasse. [CG 444-6]DBo 86.5

    Sommige wat ‘n groot belydenis maak verstaan nie die sonde van selfbevlekking en die sekere gevolge nie. Lank gevestigde gewoontes het hul begrip afgestomp. Hulle besef nie die uiterste sondigheid van die vernederende sonde nie, wyl dit die stelsel aftakel en die brein senukrag vernietig. Sedelike beginsel is uiters swak as dit met gevestigde gewoontes bots. [2 T 347]DBo 86.6

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents