Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Getuienis Aan Die Wêreld

    Ek voel ontsteld as ek sien dat die gees van die wêreld die harte en denke beheer van vele wat ‘n hoë belydenis maak van die waarheid. Selfsug en selfverwenning word deur hulle gekoester, maar goddelikheid en stoere integriteit word nie deur hulle aangekweek nie. [4T 306]DBo 106.4

    Daar is behoefte aan stelselmatige werk; maar waar sommige van julle so lank neem om te besin, beplan en gereed te maak vir die werk, neem die Satan vooraf besit van die terrein met sy betowerende fabels en mense se aandag word in beslag geneem deur die dwalinge van die meester bedrieër...DBo 106.5

    Neem die werk oral en in enige plek op. Doen wat naaste aan jou is, voor jou eie deur, hoe nederig en roemloos dit skyn te wees. [R&H Mrt. 13, 1888(2:193)]DBo 106.6

    Daar is baie lede van ons groter kerke wat feitlik niks doen nie en wat tog ‘n goeie werk kan verrig instede van saam te drom behoort hulle uit te sprei na plekke waar die waarheid nog nie in ag gevind het nie. Bome wat te na aan mekaar geplant is gaan nie vooruit nie. [R&H Mei 15,1888(2:211)]DBo 106.7

    God het ‘n werk om te doen vir die leraars van ander kerke. Die Here wil hê dat hulle gered word. Hulle, soos onsself, kan onsterflikheid verkry slegs deur geloof en gehoorsaamheid. Ons moet ywerig vir hulle werk dat hulle dit kan verkry. Die Here wil dat hulle deel sal hê in Sy spesiale werk vir die tyd. Hy wil hê dat hulle sal tel onder diegene wat aan Sy huishouding spyse op bepaalde tye sal gee. Hoekom sou hulle nie met die werk besig wees nie? [6T 77/8]DBo 106.8

    Daar is sommige wat vernaamlik toegerus is om vir die hoër klasse te werk. Hulle moet die Here daagliks soek en ‘n studie maak van hoe om die mense te bereik, nie net deur toevallige kennismaking nie, maar deur hulle aan te, gryp deur persoonlike inspanning en lewende geloof, deur ‘n diepe liefde vir hulle siele te openbaar, ‘n ware besorgdheid dat hulle ‘n kennis van die waarheid sal hê soos dit in die woord van God is. [6T 81 ]DBo 107.1

    Ons praat baie van die verwaarloosde armes; moet daar nie ook aandag gegee word aan die verwaarloosde rykes nie? Baie sien neer op die klas as hopeloos en hulle doen min om die oë te open van diegene wat, verblind en verdwaas deur die krag van Satan, die ewigheid buite rekening gelaat het. Duisende welgestelde mense het ongewaarsku na hul graf gegaan omdat hulle volgens voorkoms geoordeel is en as hopeloos verbygegaan is. Maar onverskillig soos wat hulle mag voorkom, is aan my getoon dat die meerderheid in die klas ‘n sielelas het. Daar is duisende rykes wat sterf van hongersnood aan sielevoedsel. [6T78]DBo 107.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents