Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Heiliges Na Die Hemel

    Toe het Jesus se silwertrompet weerklink onderwyl Hy afgedaal het op die wolk, omhul van vuurvlamme. Hy het na die grafte van die slapende heiliges gekyk en toe het Hy Sy oë en hande opgehef na die hemel en uitgeroep: “Ontwaak! ontwaak! ontwaak! julle wat slaap in die stof van die aarde, staan op.” Toe was daar ‘n groot aardbewing. Die grafte het oopgegaan en die dode het voortgekom, beklee met onsterflikheid. Die 144,000 het geskreeu:“Halleluja!” toe hulle hulle vriende herken wat deur die dood van hulle geskeur is en op dieselfde oomblik is ons verander en saam met hulle opgeneem die Here tegemoet in die lug [EG 15]DBo 201.1

    Toe het ek ‘n baie groot getal engele gesien wat heerlike krone van die stad gebring het; ‘n kroon vir elke heilige, met sy naam daarop geskryf. Namate Jesus om die krone geroep het, het engele hulle aan Hom gebring en met Sy eie regterhand het die lieflike Jesus die krone op die hoofde van die heiliges geplaas. Net so ook het die engele harpe gebring en Jesus het hulle aan die heiliges gegee. Die bevelvoerende engele het begin speel en toe het alle stemme ‘n dank en loflied aangehef en alle hande het kunstig die harpe bespeel en daar was die heerlikste musiek. Toe het ek Jesus die verloste skare sien lei na die poort van die stad. Hy het die hek geneem en dit wyd oopgeswaai op sy skarniere en die volke wat die waarheid bewaar het, het Hy beveel om in te gaan. Binne die stad was daar die heerlikste dinge vir die oog om te sien. Orals het hulle heerlikheid en prag gesien. Toe het Jesus na Sy verloste heiliges gekyk; hulle aangesigte het gestraal van heerlikheid en terwyl Hy na hulle gekyk het, het Hy met Sy pragtige, musikale stem gesê: “Nou sien Ek die moeitevolle arbeid van My siel en Ek is versadig. Hierdie uitnemende heerlikheid is julle s'n om vir ewig te geniet. Julle lyding is op ’n end.'” ’Daar sal geen dood of droefheid of geween meer wees nie, ook sal daar geen pyn meer wees nie” (Open. 21:4). Ek het gesien dat die verloste skare neerbuig en hulle blink krone aan die voete van Jesus neerwerp en toe, nadat Sy lieflike hand hulle weer opgerig het, het hulle hulle harpe begin bespeel en die ganse hemel vervul met die heerlikste musiek en lofliedere aan die Lam. [EG 245/6]DBo 201.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents