Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Armageddon.

    Ons nader die slag van die groot dag van die Almagtige God. Wat nou nog onder beheer gehou word, sal dan losgelaat word. Die engel van genade is besig om haar vlerke toe te vou en maak gereed om afstand te doen van die troon en die wêreld aan die beheer van die Satan oor te laat. Vorstedomme en magte van die wêreld is in bittere opstand teen die God van die hemel. Hulle is gevul met haat teenoor die wat Hom dien en eerlank, binnekort, sal die laaste slag tussen goed en kwaad plaasvind. Die aarde gaan die slagveld wees, die toneel van die finale stryd en die uiteindelike oorwinning. ‘ [ML 308]DBo 196.1

    Die krag van die Heilige Gees sal op ons wees en die Aanvoerder van die Here se leërskare sal aan die hoof van die engele van die hemel staan om die slag te lei. Plegtige gebeure moet nog plaasvind in die toekóms. Trompet na trompet sal weerklink, skaal na skaal, een na die ander, moet uitgegiet word op die bewoners van die aarde. Tonele van ontsaglike belang is reg op ons. [Letter 109,1890 (SDABC 7:982)]DBo 196.2

    Twee groot magte in teenstelling met mekaar, word geopenbaar in die laaste groot slag. Aan die een kant staan die Skepper van die hemel en aarde. Diegene wat aan Sy kant geskaar is, het Sy seël ontvang. Hulle is gehoorsaam aan Sy gebooie. Aan die ander kant staan die vors van duisternis saam met hulle wat dwaling en opstand verkies het. [R&H 7 Mei, 1901 (SDABC 7: 982/3]DBo 196.3

    Ons behoort die uitgieting van die sewende skaal te bestudeer. Die bosemagte sal nie die stryd gewonne gee sonder ‘n slag nie. Maar die Voorsienigheid het ‘n rol om te vervul in die slag van Armageddon. Wanneer die aarde verlig word met die heerlikheid van die engel van Openbaring 8, sal die godsdienstige elemente, goed en kwaad, ontwaak uit hul slaap en die leërs van die lewende God sal opruk. [MS 175,1899 (SDABC 7:983)]DBo 196.4

    Die slag van Armageddon moet spoedig plaasvind; Hy op wie se kleed geskryf staan “Koning van konings en Here van here,” sal eerlank die leërs van die hemel uitlei. Dit kan nie nou gesê word deur die diensknegte van die Here soos deur die profeet Daniël nie:“Die vasgestelde tyd is nog in die verre toekoms” [Dan.10:1] Dit is nou maar net ‘n kort tydjie voordat Gods getuies die werk sal voltooid hê om die weg van die Here voor te berei. [6T 406]DBo 196.5

    Ons word vertel van ‘n groter slag, as toe die heidense Amoriete verslaan is, wat sal plaasvind in die sluitings tonele van die wêreld se geskiedenis, wanneer “Jehowa Sy skatkamer oopgemaak en die werktuie van Sy grimmigheid uitgebring het.” ” Het jy gekom,“vra Hy,“by die skatkamers van die sneeu? En het jy die skatkamers van die hael gesien wat ek opgespaar het vir die tyd van benoudheid, vir die dag van stryd en oorlog?” [PP 509]DBo 196.6

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents