Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die voorgenome Versoening.

    God het ‘n voorkennis van die gebeure van die toekoms, selfs voor die skepping van die wêreld. Hy het nie Sy wil aangepas by omstandighede nie, maar toegelaat dat dinge ontwikkel en tot ‘n punt kom. Hy het nie sekere omstandighede bepaal nie, maar het geweet dat sekere omstandighede sou bestaan. Die plan wat in werking sou tree indien enige van die intelligente wesens van die hemel sou sondig - dit is die geheim, die verborgenheid wat van alle eeue af reeds bestaan. ‘n Offerande is voorberei in die ewige voorneme om te doen wat God vir die gevalle mens gedoen het. [SDABC 6:1082 (ST25 Mrt.1897)]DBo 115.2

    Daar is verborgenhede in die woord van God, in Sy voorsienigheid en in die plan van verlossing, wat die mens nie kan peil nie. Maar die menslike verstand, met ‘n sterk begeerte om sy nuuskierigheid te bevredig en om die raaisels van die eeue op te los, weier om die duidelike weg deur die geopenbaarde wil van God aangedui, te glo en tuur nuuskierig rond in dinge wat verborge is sedert die begin van die wêreld. [SDABC 2:995]DBo 115.3

    Die plan van verlossing het ‘n plek gehad in die raadsaal van die Oneindige van ewigheid af. Die evangelie is die openbaring van die liefde van God vir die mens en sluit alles in wat nodig is vir die geluk en welsyn wat nodig is vir diemensdom. [FE186]DBo 115.4

    Die Seun van God, roemryke Bevelvoerder van die hemel, was bitter jammer vir die gevalle mensdom. Sy hart is met oneindige ontferming aangedaan toe die ellende van die verlore wêreld voor Hom opdoem. Maar goddelike liefde het reeds ‘n plan bedink waardeur die mens gered kon word. OortredIng van Gods wet het die lewe van die sondaar geëis. In die ganse heelal was daar net Een wat ten behoewe van die mens aan sy eise kon voldoen. Omdat die wet van God net so heilig is as God self, kon net een wat aan God gelyk is vir die oortreding versoen. Niemand behalwe Christus kon die gevalle mensdom van die vloek van die wet verlos en hom weer tot eensgesindheid met’ die Hemel herstel nie. Christus sou die skuld en die skande van die sonde op Hom neem - sonde wat vir'n heilige God so aanstootlik is dat die Vader en Sy Seun moes skei. Christus was gewillig om tot die diepte van ellende neer te daal om die verlore mensdom te red. [PP 56]DBo 115.5

    Die plan van verlossing is gewilliglik deur die Heiland aanvaar en dit is die doel van Christus dat al ons gawes vrywillig moet wees. [3T 413]DBo 116.1

    Selfs die engele is nie in die beraadslaging tussen die Vader en die Seun toegelaat toe die verlossingsplan beraam is nie en menslike wesens moet hulle nie met die geheimenisse van die Allerhoogste bemoei nie. Ons is so onkundig aangaande God soos klein kindertjies, maar soos klein kindertjies kan ons Hom liefhê en gehoorsaam. [HH 410]DBo 116.2

    Die Godheid was met deernis gevul vir die gevalle mensdom en die Vader, Seun en Heilige Gees het hulself gegee om die verlossingsplan in werking te stel. [CH 222]DBo 116.3

    Die Seun van God het aangebied om met Sy eie lewe vir hulle sonde versoening te doen. Daar sou aan hulle ‘n proeftyd toegestaan word en deur berou en geloof in Christus kon hulle weer kinders van God word. [PP 60JDBo 116.4

    In sy onskuld het Adam openbare gemeenskap met Sy Maker geniet, maar sonde het skeiding tussen God en die mens bewerk, en net die versoening van Christus kon die kloof oorbrug sodat die seëninge en die saligheid van die hemel na die aarde oorgedra kon word. Die mens kon sy Skepper nog nie regstreeks nader nie, maar God sou deur middel van Christus en die engele met hom gemeenskap hou. [PP 61 ]DBo 116.5

    Moses was ‘n sinnebeeld van Christus. Net soos Israel se middelaar sy aangesig bedek het omdat die volk dit nie kon verdra om sy heerlikheid te aanskou nie, so het ook Christus, die Goddelike Middelaar, Sy Godheid met mensheid bedek toe Hy na die aarde gekom het. As Hy met die glans van die hemel geklee neergedaal het, kon Hy geen toegang tot die mens in sy sondige toestand gevind het nie, hulle sou die heerlikheid van Sy teenwoordigheid nie kon verduur het nie. Daarom het Hy Hom verneder en is Hy” in die gelykheid van die sondige vlees” gemaak [Rom.8:3] sodat Hy die sondige geslag kon bereik en hulle kon ophef. [PP 337]DBo 116.6

    Die woorde: “My uur het nog nie gekom nie,” dui op die feit dat elke daad van Christus op aarde ter vervulling van die plan was wat van die ewigheid af bestaan het. Voordat Hy na die aarde gekom het, het Hy die plan in al sy besonderhede voor Hom gereed gehad, maar waar Hy onder die mense beweeg het, is Hy stap vir stap deur die wil van die Vader gelei. Hy het nie geaarsel om op die bestemde tyd op te tree nie. Met dieselfde onderwerping het Hy gewag totdat die tyd aangebreek het. [KE 114]DBo 117.1

    Daar was egter meer as die redding van die mensdom by die verlossings plan betrokke. Dit was nie die enigste rede waarom Christus na die aarde gekom het nie; dit was nie net dat die bewoners van hierdie aarde die regte agting vir die wet van God sou hê nie; dit was ook bedoel om die karakter van God voor die heelal te regverdig. Dit was aan hierdie gevolg van Sy groot opoffering, die invloed daarvan op die bewoners van ander wêrelde sowel as op die mens, dat die Heiland gedink het toe Hy pas voor Sy kruisiging gesê het:“Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word. En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek.” [Joh. 12:31,32]. Christus se sterwensdaad vir die verlossing van die mens sou nie net weer vir die mensdom toegang tot die hemel oopstel nie, maar dit sou die manier waarop God en Sy Seun die opstand van die Satan behandel het, ten aanskoue van die ganse heelal regverdig. Dit sou die bestendigheid van die wet van God bevestig en die aard en die gevolge van die sonde blootlê. [PP 62]DBo 117.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents