Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Almagtig, Ewig, Onsterflik.

    God het altyd bestaan. Hy is die groot EK IS. Die psalmis verklaar, “Voordat die berge gebore was, voordat U die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.” Ps. 90:2. [MM. 92]DBo 4.5

    Die bestaan van God is gedemonstreer in die tuin van Eden. Sy karakter is geopenbaar deur die dinge in die natuur wat hulle omring het. [8T.255]DBo 4.6

    God het in die Skrifte genoegsame bewyse gegee van Sy goddelike gesag. Sy eie bestaan, Sy karakter en die waarheid van Sy Woord, word bevestig deur getuienisse wat die rede bevredig en die getuienisse is volop. [EG. 169]DBo 4.7

    God wou hê dat Sy volk Israel die lig aan al die bewoners van die aarde moes oordra. Deur Sy openbare aanbidding te onderhou, het hulle van die bestaan en oppermag van die lewende God getuig. [PP. 556]DBo 4.8

    In die Woord word God die “ewige God” genoem. Hierdie naam omvat die verlede, die hede en die toekoms. Hy is van ewigheid af tot in ewigheid. Hy is die Oneindige. [8T.220]DBo 5.1

    Die ware bewys van die lewende God is nie in teorie nie, dit is in die oortuiging wat God in ons harte geskryf het, verlig en verduidelik in Sy Woord. Dit is in die lewende krag in Sy geskape werke, gesien deur oë verlig deur die Heilige Gees. [8T..325]DBo 5.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents