Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 6 - Die Die Leerstuk oor die Versoening.

    Die verlossings plan was geen nagedagte - ‘n plan wat na die val van Adam geformuleer is nie. Dit was” die openbaring van die verborgenheid wat eeue lank verswyg is.” [Rom, 16:25] Dit was die ontplooiing van die beginsels wat deur die eeue heen die grondslag van die troon van God was. Van die begin af het God en Christus geweet van die afvallige se bedrieënde mag. God het dit nie beskik dat daar sonde sou wees nie, maar Hy het die ontstaan daarvan vooruitgesien en het voorsienihg vir die vreeslike gebeurtenis gemaak. So groot was Sy liefde vir die wêreld dat Hy Hom verbind het om Sy eniggebore Seun te gee” sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” [Joh.3:16] [KE 3]DBo 115.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents