Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die begrip van die Kruis

    Deur te sterf aan die kruis het Hy die skuld, van die persoon wat oortree, oorgeplaas op die van sy Goddelike Plaasvervanger deur geloof in Hom as sy persoonlike Saligmaker. Die sonde van ‘n skuldige wêreld, wat uitgebeeld word as “rooi soos skarlaken,” was aan die Goddelike Borg toegereken. [QD 666]DBo 45.2

    Geen lyding kan vergelyk word met die leed van Hom op wie die wraak van God met so ‘n oorweldigende vloed uitgestort is nie. Die menslike natuur kan sleg ‘n beperkte hoeveelheid toetse en beproewings verduur. Die stoflike kan slegs ‘n beperkte mate verduur voordat dit verkrummel, maar die natuur van Christus het ‘n groter kapasiteit vir lyding gehad, want die menslike het in die goddelike natuur bestaan, en ‘n groter kapasiteit vir lyding geskep om die lyding te verduur wat vloei uit die sonde van ‘n verlore wêreld. Die lyding van Christus verdiep, verbreed en gee ‘n meer uitgebreide begrip van die aard van sonde en die aard van die straf wat God sal bring oor diegene wat voortgaan in sonde. [SDABC 5/1103 (MS.35,1895)]DBo 45.3

    Christus het Homself onderwerp aan kruisiging, alhoewel die hemelse leërskare Hom kon verlos. Die engele het saam met Hom gely. God self is saam met Hom gekruisig, want Christus is een met die Vader. [SDABC 5:1108 (B.E.Aug. 6,1894)]DBo 45.4

    In die digte duisternis het God die laaste menslike foltering van Sy Seun verberg. Almal wat Christus sien ly het, was oortuig van Sy Godheid. Die mens wat daardie gelaat eenmaal aanskou het, het dit nooit vergeet nie. Soos die gesig van Kain sy skuld as moordenaar uitgedruk het, so het die gelaat van Christus onskuld, deurlugtigheid en welwillendheid geopenbaar - die beeltenis van God. Maar Sy beskuldigers wou nie ag gee op die stempel van die hemel nie. Ure lank het die jouende menigte die lyding van Christus aangegaap. Nou is Hy genadiglik deur die mantel van God verberg. [KE. 683]DBo 45.5

    Die beproewings en lyding van Christus was om die mens te beïndruk met ‘n besef van sy groot sonde deur die wet van God te oortree, en om hom tot berou en gehoorsaamheid te bring tot daardie wet, en deur gehoorsaamheid tot aanvaarding deur God. Hy sou Sy geregtigheid toereken aan die mens en hom dus verhef in sedelike waarde voor God, sodat sy pogings om die wet te onderhou aanvaarbaar sou wees. Christus se werk was om die mens met God te versoen deur Sy menslike natuur en God met die mens deur Sy Goddelike natuur. [1 SM 273]DBo 46.1

    Die Vader het ons lief, nie omrede die versoening nie, maar Hy het die versoening voorsien omdat Hy ons liefhet. Christus was die kanaal waardeur Hy Sy oneindige liefde kon laat vloei tot ‘n verlore wêreld. “God het in Christus die wêreld met Homself versoen. Die Vader het saam met Sy Seun gely in die angs van Getsémané en die dood op Gólgota. Die hart van Oneindige liefde het die prys betaal vir ons verlossing. [QD. 676/7 (The Home Missionary. April, 1893)]DBo 46.2

    Christus het buite die poorte van Jerusalem gely, want Gólgota was buite die stadsmure. Dit was om aan te toon dat Hy gesterf het, nie vir die Jode alleen nie maar vir die hele mensdom. Hy verkondig aan ‘n verlore wêreld dat Hy hulle Verlosser is en pleit dat hulle die verlossing moet aanvaar wat Hy aanbied. [QD. 668 (The Watchman, Sept. 4 1906)]DBo 46.3

    Christus se versoening sluit die hele menslike gesin in. Nie een, hoog of laag, ryk of arm, vryman of slaaf, is uitgelaat uit die plan van verlossing nie. [QD. 668 (Letter 106,1900)]DBo 46.4

    Die versoening van Christus het vir ewig die verbond van genade verseël. Dit was die vervulling van elke voorwaarde waaraan God die vrye vloei van genade aan die mensdom gekoppel het. Elke struikelblok is uit die weg geruim wat die vrye volheid van die uitvoering van genade, erbarming, vrede en liefde verhinder het aan die skuldigste van Adam se nageslag. [QD 669 (MS 92,1899)]DBo 46.5

    Die dood van Christus aan die kruis het die vernietiging verseker van hom wat die mag van die dood het, die oorsprong van sonde. As Satan vernietig is sal daar niemand wees wat versoek word om te sondig nie; die versoening sal nooit herhaal hoef te word nie en daar sal geen gevaar wees van ‘n ander opstand in Gods heelal nie. Dit wat alleen effektief kan weerhou van sonde in die duistere wêreld sal voorkom dat sonde in die hemel gebeur. Die betekenis van die dood van Christus sal deur heiliges en engele gesien word. Die gevalle mens sou nie ‘n tuiste kan hê in die paradys van God sonder die Lam wat geslag is van die grondlegging van die aarde nie. Sal ons dan nie die kruis van Christus verhef nie? [QD.680 (ST Dec.30,1889)]DBo 46.6

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents