Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die getuienisskrifte.

    Julle ken nie die Skrifte nie. As julle Gods Woord gestudeer het met die begeerte om die Bybel standaard te bereik en tot Christelike volmaaktheid te kom, sou julle nie die Getuienisskrifte nodig gehad het nie. Dit is omdat julle nagelaat het om bekend te raak met Gods geïnspireerde boek, dat Hy julle probeer bereik met eenvoudige, direkte getuienisse, deur julle aandag te vestig op woorde van inspirasie wat julle nagelaat het om te gehoorsaam. [LS.198]DBo 16.2

    In ‘n gesig wat aan my 20 jaar gelede gegee (1871) is, is ek gesê om algemene beginsels neer te lê, modelings of skriftelik, en terselfdertyd spesifieke gevare, dwaallinge en sondes van sekere persone aan te wys, dat almal gewaarsku kan wees, berispe en van raad bedien. Ek het gesien dat almal hul harte noukeurig moet ondersoek om te sien of hulle nie dieselfde foute maak waarvoor ander tereggewys is nie en of die waarskuwings nie op hulle ook van toepassing is nie. [5T. 654-662]DBo 16.3

    Daar is sake in die “Getuienisskrifte” wat geskryf is, nie vir die wêreld as geheel nie, maar vir die gelowige kinders van God en dit betaam ons nie om onder-. wysing, waarskuwing, berisping of raad van hierdie aard aan die wêreld te verkondig nie. Die wêreld se Verlosser, die Gestuurde van God, die grootste leermeester wat mense nog ooit geken het, het sekere sake van onderwys ing aan Sy dissipels voorgestel wat nie vir die wêreld bedoel was nie. [TM. 34]DBo 16.4

    Soos die einde nader en die werk om die laaste waarskuwing te gee uitbrei, word dit al hoe meer belangrik vir diegene wat die teenwoordige waarheid aanneem, om ‘n duidelike begrip te hê van die aard en invloed van die “Getuienisse” wat God in Sy voorsienigheid gekoppel het aan die werk van die derde engel se boodskap van die begin af. [5T. 654]DBo 17.1

    Die geskrewe “Getuienisse” is nie om nuwe lig te gee nie, maar om in harte te beklemtoon waarhede alreeds deur inspirasie geopenbaar... Bykomstige lig word nie uitgebring nie, maar God het deur die “Getuienisse” die groot waarhede vereenvoudig en op Sy eie verkose manier dit voor die mense gebring om hulle denke te stimuleer en te beíndruk sodat almal sonder verskoning sal wees. Die “Getuienisse” is nie om die Woord van God te verkleineer nie, maar om dit te verhef, en soekers daardeur te laat aantrek, sodat die skone eenvoud van die waarheid almal mag oortuig. [5T. 665]DBo 17.2

    God is óf besig om Sy kerk te leer, hulle sonde te bestraf en hul geloof te versterk, óf Hy is nie. Hierdie werk is van God, óf dit is nie. My werk... dra die stempel van God of die stempel van die vyand. Daar is geen halwe werk in die saak nie. Die “Getuienisse” is van die Gees van God of dit is van die duiwel. [5T. 671]DBo 17.3

    Laat die “Getuienisse” geoordeel word aan hul vrugte. Wat is die strekking van hul lering? Wat is die resultate van hul invloed? Almal wat wil kan vir hulleself vasstel wat die vrugte van die gesigte is. Die Here het dit goed geag om hul te laat oorlewe en sterk word teenoor die teenstand van Satan se magte en die invloed van menslike werktuie wat Satan in sy werk bystaan. [5T.671]DBo 17.4

    Die eerste uitgawe van die “Getuienisse” ooit gepubliseer bevat ‘n waarskuwing teen die onoordeelkundige gebruik van die lig wat so aan Gods volk gegee is. Ek het verklaar dat sommige onoordeelkundig handel. Wanneer hulle van hul geloof met ander praat en daar word vir bewyse gevra, het hul uit my geskrifte gelees in plaas van om na die Skrif te gaan vir bewys. Dit is aan my getoon dat dié manier van doen onkonsekwent is en dat dit ongelowiges bevooroordeel teen die waarheid. Die “Getuienisse” kan geen gewig dra by mense wat geen kennis dra van hulle strekking nie. [5T. 669-670]DBo 17.5

    Om lig te verontagsaam is om dit te verwerp. As jy vertroue verloor in die “Getuienisse” sal jy wegdrywe van Bybelwaarheid. [5T. 672-80]DBo 17.6

    Baie wat uit die waarheid gaan voer as rede aan dat hulle geen vertroue in die “Getuienisse” het nie. [5T.674-5]DBo 18.1

    Dit is die Satan se plan om die vertroue van Gods volk in die “Getuienisse” te verswak. Hy weet hoe om sy aanvalle te loods. Hy werk op mense se gevoelens om hulle met jaloesie en ontevredenheid teen die leiers in die werk te vul. Die gawes word volgende bevraagteken en hulle dra vervolgens geen gewig nie en dus word instruksies deur die gesigte verontagsaam. Dan volg skeptisisme in verband met die kardinale punte van ons geloof, die pilare van ons siening, dan twyfel in die Heilige Skrif en dan die afwaartse pad na die verderf. [5T.672-80]DBo 18.2

    Ek het gesien dat vele misbruik maak van wat God getoon het van die foute en sondes van ander. Hulle het die uiterste betekenis geheg aan wat getoon is in ‘n visioen en dit dan deurgevoer totdat dit neig om die geloof van baie te verswak in wat God getoon het en ook om die kerk te ontmoedig en af te skrik. [5T.670]DBo 18.3

    Sommige predikers loop ver agter. Hulle gee voor dat hulle die getuienisse glo en sommige doen skade deur dit as ysere reëls te maak vir diegene wat nog geen kennis het met betrekking tot die getuienisse nie, maar hulle faal daarin om dit self uit te leef. Hulle het al herhaalde getuienisse gehad, maar het dit verontagsaam. Die weg wat diegene inslaan is nie konsekwent nie. [5T. 669]DBo 18.4

    Sommige wat hulle eie posisie wil versterk, sal uit die “Getuienisse” sitate neem wat volgens hulle mening hulle siening ondersteun en dan gee hulle ook die sterkste moontlike betekenis daaraan, maar dit wat hulle optrede bevraagteken of wat nie ooreenstem met hulle oogpunt nie, verklaar hulle as suster White se opinie, terwyl hulle die goddelike oorsprong van die boodskap ontken en dit op dieselfde vlak plaas as hulle eie oordeel. Hulle sê: “Ons glo SusterWhite se “Getuienisse” maar as sy aan ons dinge vertel wat sy nie direk in visioen gesien het nie... tel haar woorde niks meer by ons as die woorde van enige ander persoon nie.” [5T. 687-691]DBo 18.5

    Die getuienisse van suster White moet nie op die voorfront geplaas word nie. Die Woord van God is die onfeilbare standaard. Die getuienisse moet nie die plek neem van die Woord nie. Gelowiges moet die uiterste sorg handhaaf om die sake versigtig te hanteer en te stop wanneer genoeg gesê is. Laat almal hul posisies uit die Skrifte verantwoord oor elke punt wat hulle as waarheid uit die geopenbaarde Woord van God beskou. [Ev.256 (Letter 12,1890)DBo 18.6

    Die getuienisse van Sy Gees vestig julle aandag op die Skrifte, en dui julle defekte van karakter aan. Om julle vleeslike, gemaksugtiage weë te regverdig, begin julle twyfel of dit die getuienisse van God is. As julle hulle lering gehoorsaam sal julle sekerheid hê dat hulle van goddelike oorsprong is. Onthou, julle ongeloof maak nie hulle waaragtigheid tot niet nie. As hulle van God is, sal hul staande bly. Die wat poog om die geloof van Gods volk in hierdie getuienisse af te takel, getuienisse wat al vir die afgelope ses-en-dertig jaar in die kerk is, stry teen God. Dit is nie die instrument wat julle minag en beledig nie, maar God, wat tot julle gespreek het in die waarskuwings en vermanings. [5T. 234)DBo 19.1

    Sommige wat voorgee dat hulle die Woord van God studeer, lewe in werklikheid in direkte opposisie tot die duidelike vereistes daarin. Om manne en vroue sonder verskoning te laat, gee die Here dan eenvoudige maar gerigte getuienisse om hulle terug te bring na die Woord wat hulle nagelaat het om te volg. [2T.455]DBo 19.2

    Min aandag is gegee aan die Bybel en die Here het ‘n kleiner liggie gegee om die manne en vroue te lei na die groter lig. [Ev.257]DBo 19.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents