Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Tafels Van Die Wet Verskyn In Die Lug

    Terwyl hierdie woorde van heilige vertroue tot God opstyg, open die wolke en die sterrehemel word gesien, onuitspreeklik heerlik in teenstelling met die swart en toornige uitspansel aan albei kante. Die heerlikheid van die Godstad stroom deur die halfoop poort en in die lig verskyn daar ‘n hand wat kliptafels wat toegevou is, vashou. Die profeet het gesê: “Die hemele verkondig Sy geregtigheid” (Ps.97:6), want God staan gereed om te oordeel. Daardie heilige wet, Gods geregtigheid, wat te midde van donder en bliksem as lewensreël op Sinai afgekondig is, word nou aan die mense geopenbaar as die maatstaf van die oordeel. Die hand vou die tafels oop en die gebooie van die Dekaloog staan daar geskryf soos met ‘n pen van vuur. Die woorde is so duidelik dat alle mense hulle kan lees. Dit kom in herinnering; die duisternis van bygeloof en dwaalleer word weggeveeg uit alle harte en Gods tien woorde, kort en bondig en gesaghebbend, word geopenbaar aan al die aardbewoners. [GS 72]DBo 199.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents