Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Sakramente - Doop

    Jesus het, voor Sy dood, ‘n herdenkingsdiens ingestel van Sy gebreekte liggaam en Sy bloed gestort vir die sonde van die wêreld deur die instelling van die Laaste Avondmaal. Hy het gesê:“Want so dikwels asjulle hierdie brood eet en die beker drink, herdenk julle die Here se dood tot Hy kom.” Die berouvolle sondaar, wat die vereiste stappe neem in bekering, herdenk in sy doop die dood, teraardebestelling en opstanding van Christus. Hy gaan af in die water in uitbeelding van die dood en teraardebestelling van Christus en hy word opgewek uit die water in uitbeelding van die opstanding. Nie om die ou lewe van sonde voort te sit nie, maar om ‘n nuwe lewe in Christus Jesus voort te sit. [5 BC 1113(3 SP 204)]DBo 107.3

    Laat diegene wat die stempel van God ontvang het deur die doop let op hierdie woorde en onthou dat God op hulle Sy siel geplaas het en hulle as Sy seuns en dogters erken het. Die Vader, Seun en Heilige Gees, oneindig in mag en alwetend, ontvang diegene wat in opregte verbond met Hom tree. Hulle is teenwoordig by elke doopplegtigheid om die dopelinge te ontvang wat die wêreld verloën en Christus in die sieletempel ontvang het. Die dopelinge het deel geword van die gesin van God en hulle name is in die Boek van die Lewe van die Lam geskryf. [6 BC 1075(MS 17:5 1900)]DBo 107.4

    Johannes het die koms van die Messias verkondig, en die mense tot bekering geroep. As simbool van die reiiliging van sonde, het hy hulle in die waters van die Jordaan gedoop. Deur middel van ‘n betekenisvolle aanskouingsles het hy dus te kenne gegee dat diegene wat hulle die verkore volk van God noem deur die sonde besoedel is en dat hulle sonder die reiniging van die hart geen deel in die koninkryk van die Messias kan hê nie. [KE 73]DBo 108.1

    Deur die geloof het hulle die waarheid aangaande die soenoffer van Christus aangegryp en Hom as hul verlosser aangeneem. Toe is hulle in die naam van Jesus gedoop en toe Paulus hulle “die hande opgelê het,” het hulle ook die doop van die Heilige Gees ontvang waardeur hulle in staat gestel is om die tale van ander nasies te praat en te profiteer, so is hulle toegerus om as sendelinge in Efese en sy omstreke te werk en ook om uit te gaan om die evangelie in klein-Asië te verkondig. [HA 225]DBo 108.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents