Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Eenheid van die Skríf

    In elke eeu is daar ‘n nuwe uitbreiding van die waarheid, ‘n boodskap van God aan daardie geslag. Die ou waarhede is almal noodsaaklik, nuwe waarhede is nie onafhanklik van die oues nie, maar is ‘n ontplooiing daarvan. Eers wanneer ons die ou waarhede verstaan, kan ons die nuwes begryp.Toe Christus aan Sy dissipels die waarheid aangaande Sy opstanding wou openbaar, het Hy “van Moses en al die profete af” begin en “vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het(Lukas 24:27). Maar dit is die lig wat uit die nuwe ontplooiing van die waarheid straal wat die oue verheerlik. Hy wat die nuwe verwerp of verwaarloos, is nie werklik in besit van die oue nie. Vir hom het dit nie meer lewende krag nie; dit word ‘n lewelose vorm. [GHC. 109]DBo 14.1

    Die vermoë van Christus, die gekruisigde Verlosser, om die ewige lewe te gee, moet voor die mense gehou word. Ons moet aan hulle toon dat die Ou Testament net so waaragtig die evangelie is in beeld en skaduwee as wat die Nuwe Testament is in sy ontvouende krag. Die Ou Testament verteenwoordig nie ‘n godsdiens wat deur die Nuwe vervang moet word nie. Die Nuwe Testament is slegs die voortsetting en ontplooiing van die Ou Testament. [6T. 392:1]DBo 14.2

    Christus het gekom om die wet groot en heerlik te maak. Hy het gekom om die ou gebod wat julle van die begin af gehad het te verheerlik. Ons het die wet en die profete dus nodig. Ons het die Ou Testament nodig om ons padlangs na die Nuwe Testament te lei, wat die Ou Testament nie vervang nie, maar die verlossingsplan duideliker stel en aan die hele offerstelsel en die Woord wat ons van die begin af gehad het, betekenis te gee. [SD 48:3]DBo 14.3

    Daar is geen so ‘n kontras soos dikwels aangevoer word tussen die Ou Testament en Nuwe Testament, die wet van God en die evangelie van Christus, die vereistes van die Joodse en die van die Christelike dispensasie nie. Elke siel wat gered is in die vorige dispensasie is net so waaragtig deur Christus gered as wat ons vandag deur Hom gered word. Die patriarge en profete was Christene. [SDABC. 6:1061. (ST. SEPT. 14,1882.)]DBo 14.4

    Die Ou Testament is die evangelie in beeld en simbole. Die Nuwe Testament is die werklikheid. Die een is so nodig soos die ander. Die Ou Testament bied lesse van die lippe van Jesus wat in geen opsig hul krag verloor het nie. [CWE.26]DBo 14.5

    Die Woord van God bevat sowel die Ou Testament as die Nuwe. Die een is onvolledig sonder die ander. Christus het verklaar dat die waarhede van die Ou Testament net so waardevol is as die van die Nuwe. Aan die begin van die wêreld was Christus net soseer die Verlosser van die mensdom as nou. Voordat Hy Sy Godheid met mensheid beklee en na ons wêreld gekom het, is die evangelieboodskap deur Adam, Set, Henog, Metúsalag en Noag verkondig. Abraham het die boodskap in Kanaan verkondig en Lot in Sodom en van geslag tot geslag het getroue boodskappers Sy koms bekend gemaak. Die rites van die Joodse stelsel is deur Christus self ingestel. Hy was die grondslag van hulle offerstelsel, die groot teenbeeld van al hulle godsdiensoefeninge. [GHC. 107]DBo 14.6

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents