Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Spesiale Opstanding

    Grafte word geopen en “baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik” (Dan. 12:2). Almal wat in geloof in die derde engel se boodskap gesterf het, kom verheerlik voort uit die graf om Gods verbond van vrede te hoor met diegene wat Sy wet onderhou het. “Ook hulle wat Hom deursteek het” (Open. 1:7). Diegene wat Christus bespot en uitgeskel het in sy doodsangs en die vernaamste teenstanders van Sy waarheid en Sy volk, word opgewek om Hom in Sy heerlikheid te sien en om die eer te aanskou wat die getroues en gehoorsames ontvang. [GS 721]DBo 198.2

    Dit was middernag toe God besluit het om Sy volk te verlos. Terwyl die goddelose rondom hulle gespot het, het die son skielik opgekom en in sy volle krag geskyn en die maan het stilgestaan. Die goddelose het die toneel in verbasing aanskou, terwyl die heiliges die tekens van hulle verlossing met eerbiedige vreugde aanskou het. Tekens en wonders het mekaar vinnig opgevolg. Dit het geskyn of die natuurlike gang van alles verstoor was. Die strome het opgehou om te vloei. Donker, swart wolke het opgekom en teen mekaar gebots. Maar daar was een oop plek van heerlikheid en daarvandaan is die stem van God gehoor, soos van baie waters en dit het die hemele en die aarde geskud. Daar was ‘n groot aardbewing. Die grafte is geopen en diegene wat in die geloof gesterf het onder die derde engel se boodskap en die Sabbat gehou het, het opgestaan en verheerlik voortgekom om die verbond van vrede te hoor wat God sou maak met diegene wat Sy wet gehou het. [EG 286]DBo 198.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents