Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Satan Boots Christus se Wederkoms Na

    En wat meer is, Satan word nie toegelaat om die wyse van Christus se koms na te maak nie. Die Heiland het Sy volk gewaarsku teen bedrog op hierdie punt en Hy het die wyse van Sy koms duidelik voorspel. “Daar sal valse christusse en valse profete opstaan en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê. As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn - moet nie uitgaan nie. Kyk, Hy is in die binnekamer - moet dit nie glo nie. Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook wees die koms van die Seun van die mens.” (Matt.24:27) Dit is onmoontlik om hierdie koms na te maak. Dit sal oor die hele wêreld bekend wees - deur almal gesien word.DBo 176.2

    Alleen diegene wat ywerige studente van die Skrifte is en wat die liefde vir die waarheid aangeneem het, sal beskerm word teen die verskriklike bedrog wat die wêreld sal oorval. Deur die getuienis van die Bybel sal hulle die bedrieër in sy vermomming herken. Almal sal getoets word. Deurversoeking sal die opregte Christen geopenbaar word. Is die volk van God nou so onbeweeglik gevestig op Gods Woord dat hulle nie sal toegee aan die getuienis van hulle sintuie nie? Sal hulle in so ‘n krisis vasklem aan die Bybel en die Bybel alleen? Indien moontlik sal die Satan hulle belet om die voorbereiding te maak sodat hulle kan staande bly in daardie dag. Hy sal sake so reël dat hulle weg versper word; hy sal hulle verstrik met aardse skatte, hulle swaar en vermoeiende laste laat dra, sodat hulle harte beswaar kan word met die sorge van hierdie lewe en dat die dag van beproewing hulle kan oorval soos ‘n dief. [GS 707/8]DBo 177.1

    As kronende toneel in die groot drama van bedrog sal Satan hom voordoen as Christus. Lank reeds het die kerk uitgesien na die koms van die Heiland as die verwesenliking van sy hoop. Die groot bedrieër sal dit nou laat skyn asof Christus werklik gekom het. In verskillende dele van die wêreld sal Satan homself onder die mense openbaar as ‘n majestueuse wese van skitterende heerlikheid wat voldoen aan die beskrywing van die Seun van God soos deur Johannes in Openbaring gegee. (Openb. 1:13-15). Die heerlikheid waarmee hy omring is, is onoortreflik - sterwelinge het nog nooit so iets aanskou nie. ‘n Triomfkreet weergalm deur die lug: “Christus het gekoml Christus het gekoml” Die mense val in aanbidding voor hom neer, onderwyl hy sy hande ophef en ‘n seën op hulle uitspreek net soos Christus Sy dissipels geseën het toe Hy op aarde was. Hy het ‘n sagte, dog soetklinkende stem. In sagte, medelydende woorde verkondig hy sommige van dieselfde heerlike, hemelse waarhede wat die Heiland gespreek het; hy genees die siektes van die mense en dan, in sy aangenome karakter van Christus, beweer hy dat hy die Sabbat verander het tot Sondag en hy gebied almal om die dag wat hy geseën het, heilig te hou. Hy verklaar dat diegene wat volhard in die heiliging van die sewende dag, sy naam laster deur te weier om te luister na sy engele wat hy gestuur het met lig en waarheid. Dit is die groot, byna onweerstaanbare bedrog. Net soos die Samaritane wat deur Simon, die towenaar, bedrieg is, luister die skare, groot en klein, na hierdie towery en hulle sê:“Hy is die groot krag van God” (Handelinge 8:10) [GS 707]DBo 177.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents