Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Sondelose natuur

    Die man wat na Jesus gekom het, was ‘Vol van melaatsheid.” Die dodelike kwaad het sy liggaam deurtrek. Die dissipels wou belet dat hul Meester aan hom raak, want wie ‘n melaatse aanraak word self onrein. Maar Jesus is nie besoedel deur Sy hand op die melaatse te lê nie. Van sy hand het die lewegewende krag gevloei. Die melaatsheid is genees. So is dit ook met die melaatsheid van sonde - diep gewortel, dodelik en onmoontlik vir die mens om te genees. Maar as Jesus in die mens kom woon, raak Hy nie besoedel nie. Sy teenwoordigheid bring helende krag aan die sondaar. [KE 224]DBo 34.1

    Hy het die sonde gedra van elke sondaar, want alle sonde was aan Hom toegereken, alhoewel “Hy geen sonde gedoen het nie en geen bedrog in Sy mond gevind is nie. Alhoewel die skuld van sonde nie Syne was nie, was Sy Gees verskeur en gewond deur die oortredinge van die mens.DBo 34.2

    [R&H Dec.20,1892. (2:623)]DBo 34.3

    Toe Jesus kom om gedoop te word, het Johannes in Hom ‘n reinheid van karakter bespeur, soos wat hy nog nooit in enige mens gesien het nie. Selfs die atmosfeer wat Hom omring het was heilig en ontsagwekkend. [KE 78]DBo 34.4

    Gedurende Sy lewe op aarde het Christus ‘n volmaakte karakter ontwikkel. Hy het Sy Vader se gebooie volkome gehoorsaam. Selfs al het Hy in die gedaante van ‘n mens na die aarde gekom, Hom aan die wet onderwerp, aan die mens getoon dat Hy hul siektes, hul droefheid, hul skuld gedra het, het Hy nie ‘n sondaar geword nie. Hy het as die vlekkelose Lam van God voor die wêreld gestaan. [Sn 25]DBo 34.5

    As die Heiland een onheilige daad gepleeg het, sou dit die voorbeeld bederf het en dan kon Hy nie vir ons ‘n volmaakte voorbeeld gewees het nie, maar hoewel Hy in alle opsigte soos ons versoek is, was daar in Hom geen sweem vansondenie. [Sn 148]DBo 34.6

    Omdat Hy moes werk, was daar geen ledige oomblike om versoeking uit te lok nie. Geen doellose ure het die weg vir die verderflike omgang geopen nie. Sover moontlik het Hy die deur vir die versoeker gesluit. Geen wins of plesier, applous of bestraffing, kon Hom oorreed om een wandaad te pleeg nie. Hy was gou om die sonde raak te sien, sterk om dit te weerstaan. Christus was die enigste sondelose mens wat ooit op die aarde gewoon het;Tog het Hy byna dertig jaar onder die goddelose inwoners van Nasaret gewoon. Versoeking, armoede en teenspoed is juis die dissipline wat ons nodig het om rein en standvastig te kan word. [KE 44]DBo 34.7

    Die ideale Christelike karakter is Christus s'n. Soos die Seun van die mens in Sy lewe volmaak was, so moet Sy volgelinge in hulle lewe volmaak wees.DBo 34.8

    [KE 72]DBo 34.9

    Omdat die mense aan hulle luste en drange toegee, sou hulle nie instaat wees om die groot waarhede van die verlossingsplan in te sien nie. Nogtans sou Christus getrou bly aan die doel waarvoor Hy die hemel verlaat het. Hy sou Sy belangstelling in die mensdom gaande hou en hulle steeds nooi om hulle swakhede en tekortkominge in Hom te verberg. In die behoeftes van elkeen wat gelowig na Hom toe kom, sou Hy voorsien. [PP 62]DBo 35.1

    Die Seun van God is self die groot voorspraak vir die sondaar. Hy wat self die losprys betaal het, ken die waarde van die mensesiel. Christus het die sonde gehaat soos net ‘n vlekkelose, rein natuur, maar terselfdertyd het Hy die sondaar lief gehad met ‘n liefde wat net oneindige goedheid kan baar. [PP140]DBo 35.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents