Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Sy Goddelikheid.

    Jesus sê: “Onse Vader wat in die hemele is,” om Sy dissipels daaraan te herinner dat, hoewel Hy deur Sy mensheid met hulle verbonde is as ‘n deelgenoot in hul beproewinge en een wat saamvoel in hul smarte, is Hy deur Sy Godheid met die troon van die Oneindige verbind. Wonderbare versekering!DBo 22.1

    Die hemelse wesens verenig met die mens in meegevoel en arbeid vir die redding van die verlorenes en alle mag in die hemel word by die menslike vermoë gevoeg om siele na Christus te trek. [KE.399]DBo 22.2

    Christus, die Woord, die eniggeborene van God, was een met die ewige Vadereen van aard, een van karakter een van doel. Hy was die enigste wese wat kon meedoen aan die raadsbesluite en planne van God. [PP. 22]DBo 22.3

    In Christus is die lewe - die oorspronklike, onontleende lewe. “Hy wat die Seun het, het die lewe.” (1 Joh. 5:12)DBo 22.4

    Die Godheid van Christus is die gelowige se waarborg van die ewige lewe. “Wie in My glo,” het Jesus gesê “sal lewe, al het hy ook gesterwe.” Deur Sy woord en werke het Hy Hom die bewerker van die opstanding genoem. [KE.477]DBo 22.5

    In Hom was daar niks wat tot die drogredes van die Satan aangetrokke gevoel het nie. Hy het nie tot sonde ingestem nie. Hy het nie eens deur ‘n gedagte aan die versoeking toegegee nie. So kan ons ook wees. Christus se mensheid is met Sy Godheid verenig. Hy is vir die stryd toegerus deur die inwoning van die Heilige Gees. En Hy het gekom om ons deelgenote te maak van die Goddelike natuur. So lank ons met Hom verenig is deur die geloof, heers die sonde nie meer oor ons nie. God reik na die hand van ons geloof om dit te rig om vas te hou aan die Godheid van Christus, sodat ons ‘n volmaakte karakter kan bereik. [KE. 92-93]DBo 22.6

    Christus is die voorbestaande, self-bestaande Seun van God... Wanneer Hy praat van Sy voorbestaan, voer Christus die gedagtes terug deur datumlose eeue. Hy verseker ons dat daar nooit ‘n tyd was waar Hy nie in noue gemeenskap met die ewige God was nie. Hy, na wie se stem die Jode geluister het, was saam met God soos een wat saam met Hom groot geword het. [ST Aug.29,1900]DBo 22.7

    Hy was gelyk aan die Vader, eindeloos en almagtig... Hy is die ewige, selfbestaande Seun. [MS.101,1897]DBo 22.8

    In Christus is al die heerlikheid van die Vader saamgevat. In Hom woon die volheid van die Godheid liggaamlik. Hy is die afskynsel van die Vader se heerlikheid en die afdruksel van Sy wese. Die heerlikheid en eienskappe van God word uitgedruk in Sy karakter. Die evangelie is heerlik omdat dit bestaan uit Sy geregtigheid. Dit is Christus ontvou en Christus is die evangelie beliggaam. Elke bladsy van die Nuwe-Testamentiese Skrifte skyn met Sy lig. Elke teks is ‘n juweel, geraak en deurlig deur die goddelike strale. Ons moet nie die evangelie loof nie, maar Christus. Ons moet nie die evangelie aanbid nie, maar die Here van die evangelie. [SDABC. 7;907. (MS.44,1898)]DBo 23.1

    Christus, die Woord, die eniggeborene van God, was een met die ewige Vader - een van aard, een van karakter en een van doel - Hy was die enigste wese wat kan meedoen aan die raadsbesluite en planne van God. [PP. 22]DBo 23.2

    Die Vader was verteenwoordig in Christus en die aandag aan opvoeding moet daarop gevestig word dat hulle in Hom glo en na Hom opsien soos na God. Hy het ‘n wonderlike sending na hierdie wêreld gehad en Sy werk was nie om ‘n volle weergawe van Sy Goddelikheid te gee nie, maar Sy menslikheid was ‘n verseëling van Sy aanspraak op Goddelikheid. [FE. 382]DBo 23.3

    Christus wou die dissipels laat verstaan dat alhoewel Hy hulle voete gewas het, dit nie afbreuk aan Sy waardigheid gedoen het nie. Hy het dit so belangrik geag dat Hy self, wat gelyk aan God is, as dienskneg vir Sy dissipels opgetree het. Terwyl hulle om die ereplek gewedywer het, het Hy, voor wie elke knie sal buig, wie die heerlike engele dit ‘n voorreg ag om te dien, neergebuig om die voete te was van hulle wat Hom Here noem. [KE 589]DBo 23.4

    Christus is een met die Vader, maar Christus en God is twee verskillende persoonlikhede. Christus bid dat Sy dissipels een moet word met Hom soos Hy met Sy Vader. Maar die eenheid tussen Christus en Sy volgelinge vernietig nie enige van hul persoonlikhede nie. [SDABC. 5:1148]DBo 23.5

    Sy liefde vir hulle is nie so maklik geskok of uitgedoof nie. Hy wis dat die Vader alle dinge in Sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. Hy was ten volle bewus van Sy Godheid, maar Hy het Sy koninklike kroon en gewaad neergelê en die gedaante van die dienskneg aangeneem. Een van Sy laaste dade op aarde was om Hom as ‘n dienskneg te omgord en die rol van ‘n kneg te speel. [KE. 584]DBo 23.6

    Deur Sy mensheid het Christus die mensheid aangeraak; deur Sy Godheid was Hy met die troon van God verbind. As Seun van die mens het Hy ons die voorbeeld van gehoorsaamheid gestel; as die Seun van God gee Hy ons krag om te gehoorsaam. [KE. 5]DBo 23.7

    Terwyl Christus hierdie woorde gebesig het, het die heerlikheid van God uit Sy gelaat gestraal, en almal was met ‘n heilige ontsag vervul, terwyl hulle geboeid na Hom geluister het. Hulle het sterker tot Hom aangetrokke gevoel en terwyl hulle met ‘n sterker liefde na Hom getrek is, is hulle ook sterker tot mekaar getrek... Die Heiland het dringend verlang dat Sy dissipels moet verstaan vir watter doel Sy Godheid met die mensheid verenig is. Hy het na die wêreld gekom om die heerlikheid van God aan die wêreld te openbaar, sodat die mens opgehef kon word deur Sy herstellende krag. God is in Hom geopenbaar sodat Hy in hulle geopenbaar kon word. [KE 602]DBo 24.1

    Die werk van God se Geliefde Seun, is om ‘n skakel te wees tussen skepsel en Skepper, die begrensde met die Ewige. Die werk van Christus was om die wesens in ander wêrelde van hul onskuld en lojaliteit te verseker, sowel as om die verlorenes van hierdie wêreld te red. Hy maak ‘n weg oop vir die gehoorsame om terug te keer tot ‘n getroue God en Hy beveilig hulle wat alreeds gereinig is, sodat hulle nie besmet raak nie. [MYP. 253]DBo 24.2

    Jesus het volgehou dat Hy die Seun van God was. Sy eerste besoek aan die tempel het nuwe drange aangewakker. Hy het alle aardse verpligtinge tydelik uit die oog verloor, maar ondanks Hy van Sy Goddelike sending en van Sy eenheid met God bewus was, het Hy die gesag van Sy ouers nie weerstaan nie. Nadat Hy erken het dat Hy die Seun van God was, het Hy Hom agtien jaar lank aan die gesag van Sy ouers onderwerp. Dertig jaar lank het Hy Hom aan ouerlike gesag onderwerp. [SD. 127]DBo 24.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents