Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    ’n Holistiese benadering.

    Omdat die verstand en siel deur die liggaam uiting vind, hang sowel verstandelike as geestelike forsheid in groot mate van liggaamlike krag en werksaamheid af, alles wat liggaamlike gesondheid bevorder, bevorder die ontwikkeling van ‘n sterk verstand en ‘n ewewigtige karakter. [Opv. 195]DBo 88.2

    Die brein senuwees wat verbind is met die hele gestel, is die enigste middel waardeur die hemel met die mens kan kommunikeer en so sy innerlike lewe beinvloed. Wat ookal die sirkulasie van die elektriese strome in die senuwee stelsel verstoor, verminder die vitaliteit van die lewenskrag en die gevolg is ‘n verstomping van die ontvanklikheid van die verstand. [2T 347]DBo 88.3

    Die Satan is besig om die wêreld gevange te neem deur die gebruik van drank en tabak, tee, en koffie. [Ev.529]DBo 88.4

    Daar is geen klas skuldiger aan groter verdooldheid en misbruik van Sy genadegawes as diegene wat die opbrengs van die ,grond .gebruik vir die verbouing van bedwelmde drank nie. [GW 385/6]DBo 88.5

    Mense doen dinge onder die invloed van drank wat hulle inneem wat, as hulle nie geraak het aan die bedwelmde drank nie, hulle met afsku sou vervul. Wanneer hulle onder die invloed van die giftige vloeistof is, is hulle onder die Satan se beheer. Hy heers oor hulle en hulle werk saam met hom.[Te 24]DBo 88.6

    Deur die gebruik van tee en koffie word ‘n begeerte opgewek vir tabak. [Te 56/7]DBo 88.7

    Die gebruik van tabak stimuleer die begeerte vir drank. [3 T 488]DBo 88.8

    Die enigste veilige weg is om nie tee, koffie, wyne, tabak, opium en alkoholiese drank aan te raak, te proe of te hanteer nie. [3 T 488]DBo 88.9

    Die gif wat in so baie sogenaamde geneesmiddels voorkom skep gewoontes en smaak wat die ondergange van beide siel en liggaam beteken. Baie van die populêre nostrums en selfs sommige van die dwelm middels deur artse voorgeskryf, het ‘n groot aandeel daarin om ‘n grondslag te lê vir die drankgewoonte, die opium gewoonte, die morfien gewoonte, wat so ‘n vloek is vir die samelewing. [MH 327-9]DBo 88.10

    Tabak is ‘n stadige, arglistige, maar dodelike gif. In watter vorm dit ookal gebruik word, beïnvloed dit die gestel; dit is soveel gevaarliker omdat die uitwerking daarvan stadig, en feitlik onwaarneembaar is. Dit stimuleer en dan verlam dit die senuwees. Dit verswak en benewel die brein. [MH 327-9] DBo 89.1

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents