Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 1 - Leerstuk oor God

    Karakter van God

    Dit is die duisternis van ‘n wanbegrip van God wat die wêreld omhul. Die mensdom verloor sy kennis van Sy karakter. Dit is verkeerd verstaan en verkeerd vertolk. Juis in hierdie tyd moet ‘n boodskap van God verkondig word, ‘n boodskap van liggewende invloed en reddende krag. Sy karakter moet bekend gemaak word. Die lig van Sy heerlikheid, die lig van Sy goedheid, genade en waarheid moet in die duisternis van die wêreld skyn. [GCH. 386]DBo 1.1

    God is die ewige, ongeskape Bron van alles wat goed is. Almal wat in Hom vertrou, sal vind dat Hy dit is. Aan diegene wat Hom dien en na Hom as hulle hemelse Vader opsien, gee Hy die versekering dat Hy Sy beloftes sal vervul. Sy vreugde sal in hulle harte wees en hulle vreugde sal volkome wees. [SD. 199]DBo 1.2

    Alle eienskappe van ‘n heilige karakter kan gevind word in God as ‘n volmaakte geheel en elkeen wat Christus aanneem as persoonlike saligmaker is bevoorreg om die eienskappe te besit. [ML 271 ]DBo 1.3

    Die wet weerspieël die karakter van God, en nie ‘n jota of tittel daarvan kan verander word om die gevalle mens tegemoet te kom nie. God het nie Sy wet verander nie, maar het Homself opgeoffer, in Christus, vir die verlossing van die mens. God het in Christus die wêreld met Homself versoen. [KE. 692]DBo 1.4

    Die boek van die natuur en die geskrewe woord werp lig op mekaar. Albei gee hom ‘n beter kennis van God deur hom Sy karakter en die wette waardeur Hy werk te leer. [HH. 445]DBo 1.5

    Laat julle geduld, vriendelikheid, lankmoedigheid, teerheid, erbarming en ware goedheid aan almal bekend wees, want dit is ‘n openbaring van die karakter van die God wat julle dien. [Ev. 400]DBo 1.6

    Hier het die Here duidelik Sy wil geopenbaar aangaande die verlossing van die sondaar. Die houding wat baie aanneem deur twyfel en ongeloof uit te spreek oor God se wil om hulle te red, werp refleksie op die karakter van God. [5T. 631]DBo 1.7

    Die lewe en dood van Christus, die losprys vir ons saligmaking, is vir ons nie net die belofte en pand van die lewe nie, nie net die middel om weer vir ons die skatte van die wysheid oop te stel nie, dit is ‘n breër, hoër openbaring van Sy karakter as wat selfs die heiliges van Eden geken het. [Opv. 28]DBo 1.8

    Duisende het ‘n verdraaide konsep van God en Sy eienskappe. Hulle dien daardeur in werklikheid net sowel ‘n valse god soos die aanbidders van Baäl.DBo 2.1

    Hy is lankmoedig en ‘n God van erbarming. As dit die wese is wat ons aanbid en wie se karakter ons in ons eie lewe wil inbou, dan aanbid ons die ware God. [5T. 174]DBo 2.2

    Daar was egter meer as die redding van die mensdom by die verlossingsplan betrokke. Dit was nie die enigste rede waarom Christus na die aarde gekom het nie, dit was nie net sodat die bewoners van hierdie aarde die regte agting vir die wet van God sou hê nie, dit was ook bedoel om die karakter van God voor die heelal te regverdig. [PP. 63]DBo 2.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents