Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Gesag en Dissipline

    Op die kerk as organisasie plaas Hy die verantwoordelikheid vir die indiwiduele kerklede. Die kerk het ‘n plig om die wat in sonde val te waarsku, te onderrig en, waar moontlik, te herstel. [GW 502]DBo 97.4

    ’n Gees van oorheersing maak hom meester van ons konferensie presidente. As ‘n man vertrou op sy eie vermoë en poog om gesag uit te oefen oor sy broeders omdat hy voel dat hy beklee is met gesag om sy wil op ander af te dwing, is die beste weg om hom daarvan te onthef, voordat hy groot skade aanrig en sy eie siel sowel as die van ander in gevaar stel. Julle is almal broers. Die neiging om baas te speel oor die Here se erfenis, sal reaksie uitlok tensy die broeders hul weë verander. Diegene in gesag moet die gees van Jesus openbaar. Hulle moet elke saak behandel soos Hy dit sou gedoen het. Hulle oorwegings moet deur die Heilige Gees gelei word. ‘n Man se amp maak hom geen jota of tittel hoër in Gods aansien nie; dit is slegs karakter wat tel. [TM 362]DBo 97.5

    ’n Begeerte om baas te speel oor die Here se erfenis, sal, as daaraan toegegee word, uitloop op ‘n verlies aan siele. Die wat Christus waarlik liefhet sal poog om hulle lewe na Syne te skoei en in Sy gees te werk vir die redding van siele. [5T 614]DBo 98.1

    Christene behoort hulle nie op burgerlike regbanke te beroep om geskille te besleg wat tussen kerklede ontstaan nie. Hulle behoort sulke geskille ooreenkomstige Christus se onderrig onder mekaar te skik of deur die gemeente te laat besleg. Al geskied onreg ook, die volgeling van die nederige Jesus sal liewer onreg ly as om die sondes van sy broeders in die gemeente voor die wêreld bloot te lê. [HA 243]DBo 98.2

    Broeders moet nie hof toe gaan as dit enigsins vermy kan word nie, want hulle gee die vyand ‘n groot voorsprong om hulle te verstrik en te verwar. Dit sou beter wees om te skik teen ‘n verlies.DBo 98.3

    Hoe skuldig die oortreder ookal mag wees; hoe laakbaar die gevolge van Sy daad, hy sal altyd simpatiseerders vind. Wanneer hy berispe word, is daar altyd ontoegewydes wat gereed staan om hom te ondersteun. Deur hulle onwyse simpatie, lei hulle hom om homself te sien as veronreg en op die wyse plaas hulle ‘n effektiewe struikelblok op sy pad na berou en hervorming. [R&HNov. 14,1882(1:339)]DBo 98.4

    Israel is aan die slaap vir die hoogmoed en modes en wêreldsheid in hulle midde. Dit is hierdie dinge wat God van Sy volk skei en die ark vir hulle wegsluit. [R&HDes. 12,1882(1:345)]DBo 98.5

    Deur die seun van God kan daardie invloed gebruik word om siele te red. Ons sal individueel verantwoordelik gehou word as ons een jota minder doen as waarvoor hy ons die vermoë geskenk het. [R&H Apr.24,1883(1:351)]DBo 98.6

    As ons niks sou sê wat kan seermaak of laat bedroef nie, behalwe in die nodige berisping van sonde, sodat God nie onteer word nie, hoeveel misverstand, bitterheid en sielswroeging sou nie verhoed word nie. [R&H Okt. 16, 1883(1:371)] Dit is verreweg makliker om sake in ons belangrike inrigtings op lakse, losse voet te laat voortgaan, as om wat aanstootlik is, wat vertroue en geloof sal verderf en vernietig, uit te roei. Dit sou verreweg beter wees om ‘n kleiner aantal werkers te hê wat minder sal vermag, maar wat getrou en standvastig soos ‘n rots sal wees in beginsel, met ‘n liefde vir die volle waarheid en gehoorsaam aan al die gebooie van God...DBo 98.7

    As diegene in verantwoordelike posisies iemand wat fouteer vryspreek, moe dig hulle nie alleen daardie een persoon, maar ook ander aan om ‘n verkeerde rigting in te slaan. Dit maak dit baie moeilik vir ander wat sulke reëls en so ‘n rigting wil volg wat die Here vereis. [R&H Nov. 6,1883(1:375)]DBo 99.1

    Die Here wil in die kantoor en in die kerk getroue manne hê wat oë het om te onderskei tussen goed en kwaad, wat nie sonde gereg-tigheid en geregtigheid sonde noem nie, manne wat sonde by die regte naam noem, of dit nou vir hulle sensuur of goedkeuring sal bring. [R&H Nov. 6,1883(1:347)]DBo 99.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents