Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Millennium -1,000 Jaar

    Die uitdrukking “afgrond” (0pen.20:1), stel die aarde voor in sy toestand van verwarring en duisternis, soos afgelei kan word uit ander skriftuurplase. Die Bybel sê van die aarde in die begin.” Die aarde was woes en leeg en duisternis was op die wêreldvloed” (Gen. 1:2). Die woord wat hier vertaal is “wêreldvloed,“is in die Septuagint dieselfde as wat in die grondteks van Openbaring 20:1-3 “afgrond” vertaal is. Die profesieë leer ons dat die aarde, gedeeltelik altans, weer in hierdie toestand gebring sal word. Vooruitsiende na die groot dag van die Here, het die profeet Jeremia gesê: “Ek het na die aarde gekyk en dit was woes en leeg ook na die hemel en sy lig was daar nie. Ek het na die berge gekyk en hulle het gebewe en al die heuwels het geskud. Ek het gekyk en daar was geen mens nie en al die voëls van die hemel het weggevlieg. Ek het gekyk en die land van tuine was ‘n woestyn en al sy stede was afgebreek.”DBo 202.1

    Hier het ons ‘n beskrywing van die plek waar Satan en sy bose engele vir ‘n duisend jaar sal woon. Beperk tot hierdie aarde, sal hy nie toegang hê tot die ander wêrelde om diegene wat nooit in die sonde geval het, te versoek en lastig te val nie. Dit is in hierdie sin dat hy gebind word. Daar bly geen mense oor op wie hy sy krag kan beoefen nie. Hy is heeltemal afgesny van sy werk van bedrog en verwoesting wat vir soveel eeue sy enigste vreugde was.DBo 202.2

    Waar die profeet Jesaja vooruitgesien het na die tyd van Satan se ondergang, het hy uitgeroep: “Hoe het jy uit die hemel geval, o mórester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel,... my gelyk stel met die Allerhoogste! Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word in die diepste plekke van die kuil! Die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jou en sê: Is dit die man wat die aarde laat sidder het, konink-ryke laat beef het? Die wêreld soos ‘n woestyn gemaak en sy stede verwoes het, wat sy gevangene nie losgelaat het huistoe nie?” (Jes.14:12-17). Vir sesduisend jaar lank het Satan se rebellie die aarde laat sidder. Hy het” die wêreld soos ‘n woestyn gemaak en sy stede verwoes,“en” hy het nie die gevangenes losgelaat huis toe nie.”Vir sesduisend jaar het hy die volk van God in sy gevangenis deelgeneem en hy sou hulle vir ewig gevange gehou het as dit nie was dat Christus die bande verbreek en die gevangenes vrygestel het nie.DBo 202.3

    Selfs die goddelose is nou buite bereik van Satan wat alleen met sy bose engele agterbly om die gevolge te sien wat die vloek van die sonde gebring het. “Die konings van die nasies, hulle almal rus met eer, elkeen in sy huis (die graf); maar jy is gewerp ver van jou graf, soos ‘n afskuwelike uitspruitsel... Jy word nie met hulle in die graf verenig nie, want jy het jou land verwoes, jou volk doodgemaak.”DBo 203.1

    Vir ‘n duisend jaar sal Satan heen en weer op die verwoeste aarde ronddwaal om die gevolge van sy rebellie teen die wet van God te betrag. Gedurende hierdie tyd is sy lyding vreeslik. Sedert sy val, het sy lewe van onophoudelike bedrywigheid hom geen kans gegee vir oorpeinsing nie, maar nou is sy krag ontneem en hy word alleen gelaat om sy werk sedert hy teen die regering van die hemel in opstand gekom het, te betrag en vooruit te sien met vrees en bewing na die ontsettende toekoms wanneer hy sal moet ly vir al die sonde wat hy gedoen het en gestraf sal word vir die sondes wat hy laat doen het.DBo 203.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents