Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Eerste Engel Se Boodskap

    Die eerste engel se boodskap van Openbaring 14 wat die uur van Gods oordeel aankondig en die mense maan om God te aanbid, is bedoel om die belydende volk van God af te skei van die verderflike invloede van die wêreld en om hulle op te wek om hulle toestand van wêreldgesindheid en afvalligheid te besef. In hierdie boodskap het God aan die kerk ‘n waarskuwing gestuur wat, as dit aangeneem word, die booshede wat hulle van Hom skei, uit die weg sal ruim. As hulle die boodskap van die hemel aanneem, hulle harte voor die Here verootmoedig en in opregtheid klaarmaak om in Sy teenwoordigheid te staan, sal die Gees en krag van God onder hulle geopenbaar word. Die kerk sal weer daardie geseënde staat van eenheid, geloof en liefde bereik wat daar in die apostoliese tyd was toe die gelowiges een van hart en siel was, die woord van God met vrymoedigheid gespreek het en “die Here daagliks by die gemeente gevoeg het die wat gered was. (Hand.4:31,32; 2:47) [GS 435]DBo 157.1

    Op dieselfde wyse het Miller en sy medewerkers die profesie vervul en het hulle ‘n boodskap wat volgens goddelike ingewing voorspel is, gegee. Maar hulle sou dit nie kon gee as hulle die profesieë wat op hulle teleurstelling gewys het, ten volle verstaan het nie. Hierdie profesieë het ‘n ander boodskap wat voor die Here se koms aan alle volke verkondig moes word, aangewys. Die eerste en tweede engele se boodskappe is opdie regte tydstip gegee en hulle het die werk wat God met hulle beoog het, gedoen.DBo 157.2

    Die engel wat help met die verkondiging van die derde engel se boodskap, sal die hele wêreld verlig met sy heerlikheid. Hier word daar ‘n wêreldwye werk met onbekende krag voorspel. Die Adventboodskap van 1840-44 was ‘n heerlike openbaring van die krag van God; die eerste engel se boodskap het na elke sendingstasie in die wêreld gegaan en in sommige lande is daar die grootste godsdienstige belangstelling opgewek wat nog ooit gesien is sedert die Hervorming van die sestiende eeu, maar dit sal oortref word deur die magtige beweging in verband met die finale waarskuwing van die derde engel. [GS 692]DBo 157.3

    Die wêreld het toegekyk en verwag dat as die tyd verstryk en Christus nie kom nie, die hele stelsel van Adventisme tot niet sou gaan. Maar hoewel vele weens bittere versoeking hulle geloof versaak het, was daar ander wat pal gestaan het. Die vrugte van die Adventbeweging - die gees van nederigheid en hartondersoek, van versaking van die wêreld en hervorming van die lewe wat daarmee gepaard gegaan het, het getuig dat dit van God was. Hulle durf dit nie ontken dat die krag van die Heilige Gees in die prediking van die wederkoms getuig het en hulle kon geen fout in die berekening van die profetiese tydperke ontdek nie. Die bekwaamstes onder hulle teenstanders het nie daarin geslaag om hulle stelsel van Skrifverklaring omver te werp nie. Die stellings wat hulle ingeneem het na ernstige, biddende skrifondersoek en met verstande verlig deur die Gees van God en harte brandende met lewende krag, kon hulle nie prys gee nie - stellings wat die skerpste kritiek en bitterste teenstand van godsdienstige leiers en wyses van die wêreld uitgelok het en wat nie omvergewerp kon word nie deur die gekombineerde magte van geleerdheid en welsprekendheid en wat die verwyte en skeldtaal van sowel eerbares as slegtes trotseer het. [GS 464/5]DBo 157.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents