Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Ewige Natuur

    Die Gees was vantevore in die wêreld; heel van die begin van die verlossingstaak af het Hy die harte van mense beïnvloed. Maar terwyl Christus op aarde was, het die dissipels geen ander helper verlang nie. Nie voor hulle Sy teenwoordigheid ontneem sou word, sou hulle hul behoefte aan die Gees voel nie en dan sou Hy kom. [KE 605]DBo 55.2

    Gedurende die patriargale tydperk is die invloed van die Heilige Gees dikwels op ‘n besondere wyse geopenbaar, maar nooit in Sy volheid nie. Gehoorsaam aan hulle Heiland het die dissipels nou om hierdie gawe gebid en in die hemel het Christus Sy voorbidding daaraan toegevoeg. Hy het die gawe van die Gees geëis sodat Hy dit op Sy volk kon uitstort. [HA 31/32]DBo 55.3

    Die Heilige Gees is ‘n persoon, want Hy getuig saam met ons gees dat ons die kinders van God is. Wanneer hierdie getuienis gelewer word, dra dit Sy eie stempel. Sulke tye glo ons en is ons seker dat ons die kinders van God is.DBo 55.4

    Die Heilige Gees het ‘n persoonlikheid, anders kan Hy nie saam met ons gees getuig dat ons die kinders van God is nie. Hy moet ook ‘n goddelike persoon wees, anders kan Hy nie die verborgenhede van God peil nie. [Ev 616/617; (Ms 20,1906)]DBo 55.5

    Die Heilige Gees is die verteenwoordiger van Christus, maar sonder die menslike persoonlikheid en onafhanklik daarvan. Met menslikheid belas, kon Christus nie persoonlik oral wees nie. Daarom was dit in hul belang dat Hy na die Vader gaan en die Gees stuur om Sy opvolger op aarde te wees. Niemand kon dan bo ander bevoorreg wees as gevolg van sy woonplek of van sy persoonlike aanraking met Christus nie. Deur die Gees sou die Heiland vir almal toeganklik wees. In hierdie sin sou Hy nader aan hulle wees as wat Hy kon gewees het as Hy nie opgevaar het nie. [KE 605]DBo 55.6

    Die Vader, die Seun en die Heilige Gees, die drie heilige hoogwaardiges, het verklaar dat hulle die mens sal versterk om die magte van die duisternis te oorwin. [5 BC 1110 (Ms.92,1901)1DBo 55.7

    Die mens word in die watergraf gelê in die naam van die Vader, Seun en die Heilige Gees, begrawe saam met Christus en opgewek uit die watergraf om ‘n nuwe lewe van trou aan God te lewe. Die drie groot magte in die hemel is getuies; hulle is onsigbaar maar teenwoordig. [6 BC 1074 (Ms 57,1900)]DBo 56.1

    Boosheid het opgestapel deur die eeue en kon slegs weerstaan word deur die mag van die Heilige Gees, die derde persoon van die godheid, wat sou kom, nie in geringe mate nie, maar in die volheid van goddelike krag. [TM 392]DBo 56.2

    Die prins van die bose magte kan slegs in toom gehou word deur die krag van God in die derde persoon van die godheid, die Heilige Gees. [Ev 617 (SpecialTestinomies, Series B, No 7 p51)]DBo 56.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents