Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Merk Van Die Dier Ontvang

    Maar Christene van vorige geslagte het Sondag gevier en gemeen dat hulle daardeur die Bybelse Sabbat gevier het en daar is tans ook opregte Christene in alle kerke, die Rooms-Katolieke kerk inkluis, wat eerlik glo dat Sondag die Sabbat is wat God ingestel het. God neem sulke opregtheid aan. Maar wanneer Sondagviering deur die wet verpligtend gemaak word en die hele wêreld ingelig is aangaande die verpligting van die ware Sabbat, dan sal diegene wat Gods gebod oortree om ‘n gebod te gehoorsaam wat geen hoër gesag het as die van Rome nie, daardeur die pousdom vereer bokant God. Daardeur sal hulle hulde betoon aan Rome en aan die mag wat ‘n instelling wat deur Rome beveel is, verpligtend maak. Hulle sal besig wees om die dier en sy beeld te aanbid. As mense dan die instelling verwerp waarvan God sê dat dit ‘n teken is van Sy gesag en in die plek daarvan ‘n instelling vereer wat Rome verkies het as die teken van sy oppergesag, sal hulle daardeur die teken van getrouheid aan Rome aanvaar, naamlik” die merk van die dier.” Dit is eers wanneer die saak duidelik onder die aandag van die volk gebring is en hulle voor die keuse gestel word om te kies tussen die gebooie van God en die gebooie van mense, dat diegene wat volhou met hulle oortreding die “merk van die dier” sal ontvang. [GS 514]DBo 180.3

    Met die saak so duidelike gestel, sal enigeen wat Gods wet vertrap en menslike gebooie gehoorsaam, die merk van die dier ontvang; hy neem die teken aan van trou aan die mag wat hy verkies om te gehoorsaam in stede van God. Die waarskuwing van die hemel lui as volg: “As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemengd ingeskink word in die beker van sy toorn.” Openb. 14:9,10.DBo 181.1

    Maat'die wraak van God sal niemand tref aleer die waarheid aan sy verstand en gewete tuisgebring is en hy dit verwerp het nie. Daar is vele wat nog nie ‘n geleentheid gehad het om die spesiale waarhede vir hierdie tyd te hoor nie. Die verpligting van die vierde gebod is nog nooit in die ware lig voor hulle gestel nie. Hy wat in elke hart kan sien en wat al die beweegredes ken, sal nie toelaat dat enigeen wat begeer om die waarheid te ken, bedrieg word ten opsigte van die dinge waaroor die stryd gaan nie. Die dekreet sal nie blinde -lings op die mense afgedwing word nie. Elkeen sal genoeg lig ontvang om op intelligente wyse sy eie keuse te maak. [GS 685]DBo 181.2

    Die Sabbat sal die groot toets van getrouheid wees, want dit is die deel van die waarheid wat veral betwis word. Wanneer alle mense voor die finale toets te staan kom, dan sal die skeidslyn getrek word tussen diegene wat God dien en diegene wat Hom nie dien nie.Terwyl die viering van die valse sabbat in gehoorsaamheid aan die staatswette, maar in botsing met die vierde gebod, ‘n betuiging van trou is aan ‘n mag wat in stryd is met God, sal die viering van die ware Sabbat in gehoorsaamheid aan Gods wet die bewys van getrouheid aan die Skepper wees. Terwyl die een klas deur die aanvaarding van die teken van onderwerping aan aardse magte die merkteken van die dier ontvang, ontvang die ander klas deur die teken van getroubaarheid aan Goddelike gesag te verkies, die seël van God. [GS 685]DBo 181.3

    En ek het gesien dat as God die Sabbat verander het van die sewende tot die eerste dag, sou Hy ook die bewoording van die Sabbatgebod verander het daar op die kliptafels wat nou in die ark is in die allerheiligste plek van die tempel in die hemel en dit sou as volg gelees het: “Die eerste dag is die Sabbat van die Here julle God.” Maar ek het gesien dat die bewoording nog is soos dit was toe dit op die kliptafels geskryf is deur die vinger van God en toe Hy dit aan Moses op Sinai gegee het. “Maar die sewende dag is die Sabbat van die Here julle God.” Ek het gesien dat die heilige Sabbat die skeidsmuur is en dit altyd sal bly tussen die ware Israel van God en die ongelowiges en dat die Sabbat die groot vraag is wat die harte sal verenig van Gods dierbare, wagtende heiliges. [EG 31]DBo 182.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents