Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoe om die Woord te verstaan.

    Almal behoort die belangrikheid aan te voel van ‘n plan om die jeug op te voed om die Skrifte te verstaan. Laat die werk gedoen word in die eenvoud van die waarheid self. Lei die jeug se denke van waarheid tot waarheid, hoër en hoër, deur aan te toon hoe een Skriftuurplaas ‘n ander vertolk, hoe een teks die sleutel is tot ander. So sal die Skrif self die opvoedingsmag wees wat die gedagtes aan Christus gevange hou. [Ev.581 ]DBo 11.5

    Die Bybel verklaar Homself. Skrifture moet met mekaar vergelyk word. Die student moet leer om die Woord as ‘n geheel te sien, en die verwantskap van elke deel. Hy moet ‘n kennis verkry van die groot Sentrale tema: van God se oorspronklike doel met die wêreld, die gang van die groot stryd en die plan van verlossing. [CT. 462]DBo 12.1

    Met die doel om verkeerde leerstellings en onbewustelike gebruike te handhaaf, sal sommige van hulle Skrifgedeeltes uit die verband ruk en miskien net die helfte van ‘n teks aanhaal om hul stelling te bewys, wanneer die res van die teks presies die teenoorgestelde bewys... Weer ander, wat ‘n ryk verbeeldingskrag het, neem van die sinnebeelde van die Heilige Skrif en verklaar hulle volgens hulle eie idees, sonder om in die minste die getuienisse van die Skrif in ag te neem wat self die verklaring gee en dan stel hulle hulle sondérlinge menings voor as die leer van die Bybel. [GS. 592]DBo 12.2

    Die duidelikste waarhede in die Bybel word deur geleerde manne in twyfel getrek en in duisternis gehul - manne wat deur groot wysheid te veins, leer dat die Skrifte ‘n mistiese, geheime en geestelike betekenis het wat nie duidelik uitkom in die taal waarin dit geskryf is nie. Sulke manne is valse leraars. Dit was aan hierdie klas wat Jesus gesê het: “julle dwaal deurdat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie.” (Mark. 12:24). Die taal van die Bybel behoort vertaal te word volgens die voor die hand liggende betekenis, tensy daar ‘n simbool of figuur gebruik word. [GS 675]DBo 12.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents