Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Noodsaaklikheid van die Kruis

    Deur Sy lewe en dood het Christus bewys dat Gods geregtigheid nie Sy genade vernietig het nie, maar dat die sonde vergewe kan word en dat die wet regverdig is en volkome gehoorsaam kan word. Die Satan se beskuldigings is weerlê. God het aan die mens onmiskenbare bewys gegee van Sy liefde. [KE 784]DBo 44.2

    Soos die sondaar die sterwende Verlosser aan die kruis aanskou en besef dat die lydende goddelik is, vra hy hoekom die groot opoffering gemaak is en die kruis wys na die heilige wet van God wat oortree is. Die dood van Christus is die onteenseglike argument vir die onveranderbaarheid en geregtigtheid van die wet. Toe hy van Christus geprofeteer het, het Jesaja gesê: Hy sal die wet groot en heerlik maak. [1 SM 323]DBo 44.3

    Die kruis van Christus getuig van die onveranderbaarheid van die wet van God - getuig dat God ons so lief gehad het dat Hy Sy Seun gegee het om te sterf vir ons sonde, maar Christus het nie gekom om die wet te ontbind nie, maar om dit te vervul. Nie een jota of tittel van Gods sedelike standaard kon verander word om die mens tegemoet te kom in sy gevalle toestand nie. Jesus het gesterf sodat Hy Sy eie geregtigheid aan die berouvolle sondaar kon toeken en dit só moontlik maak vir die mens om Sy wet te onderhou. [1 SM 312]DBo 44.4

    Slegs diegene wat die verpligtinge van die sedewet erken, kan die aard van die versoening verduidelik. Christus het gekom as Middelaar tussen God en die mens, om hom een te maak met God, deur hom getrou te maak aan Sy wet. Daar was geen krag in die wet om die oortreder te vergewe nie. Slegs Jesus kon sy skuld betaal. Maar die feit dat Jesus die skuld betaal het van die berouvolle sondaar, gee hom nie die reg om voort te gaan om die wet te oortree nie; hy moet in die toekoms in gehoorsaamheid aan die wet lewe. [1 SM 229,30]DBo 44.5

    In sy onskuld het Adam openlike gemeenskap met sy Maker geniet, maar sonde het skeiding tussen God en die mens bewerk en net die versoening van Christus kon die kloof oorbrug sodat die seëninge en die saligheid van die hemel na die aarde oorgedra kon word. Die mens kon sy Skepper nog nie regstreeks nader nie, maar God sou deur middel van Christus en die engele met hom gemeenskap hou. [PP 66,67]DBo 45.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents