Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    ’n Liefdevolle Vader

    Geen ontasbare beginsel, geen onpersoonlike essensie of bloot abstrakte begrip kan die behoeftes en verlangens van mense, in hierdie lewe van worsteling met die sonde en droefheid en pyn, bevredig nie. Dit is nie voldoende om aan wet en mag te glo, aan dinge wat geen medelye het, en nooit die hulpgeroep verhoor nie. Ons het ‘n behoefte daaraan om te weet van ‘n arm wat ons sal onderskraag, van ‘n oneindige Vriend wat vir ons jammer is. Ons het ‘n behoefte daaraan om ‘n hand te gryp wat warm is, om te vertrou op ‘n hart vol teerheid. Dit is juis so dat God Hom in Sy Woord geopenbaar het. [Opv.133]DBo 2.4

    Die openbaring van Gods liefde vir die mens sentreer in die kruis. Die tong kan nie die volle betekenis daarvan uiter nie, die pen kan dit nie uitbeeld nie, nog minder kan ons menslike verstand dit peil. As ons die kruis van Golgota aanskou, kan ons net uitroep, “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (Joh. 3:16). Christus gekruisig vir ons sonde, Christus verrese uit die dood, Christus opgevaar na omhoog, is die wetenskap van verlossing wat ons moet leer en verkondig. [8T. 287]DBo 2.5

    Die doel vir Sy volk vandag is dieselfde as wat Hy met Israel beoog het toe Hy hulle uit Egipteland uitgelei het. Deur die goedheid, genade, regverdigheid en liefde van God te aanskou wat in Sy kerk geopenbaar is, sien die wêreld ‘n weerkaatsing van Sy karakter. En wanneer die wet só uitgeleef word, sal selfs die wêreld die waarde erken van dié wat God liefhet en vrees, bo al die ander mense in die wêreld. [Reflecting Christ. 348]DBo 2.6

    As ons die majesteit van Sy troon aanskou, sien ons Sy karakter in ‘n openbaring van genade en verstaan ons, soos nooit tevore nie, die betekenis van die liefdevolle benaming:“Onse Vader.” [ML. 368]DBo 3.1

    Die onbekeerde mens dink aan God as liefdeloos, as streng, selfs wraaksugtig. Sy teenwoordigheid word gesien as gedurige weerhouding, Sy karakter as ‘n versinnebeelding van “Jy mag nie.” Sy diens word beskou as vol droefheid en veeleisende vereistes...DBo 3.2

    Daar is niks wat die Christen so duidelik onderskei van die wêreldling as sy siening van God nie. [1. SM 183-4]DBo 3.3

    Ons Skepper maak met reg daarop aanspraak dat Hy kan doen soos Hy wil met Sy skepsels. Hy het die reg om te heers soos Hy wil en nie soos die mens verkies nie. Maar Hy is nie ‘n streng regter, ‘n harde veeleisende skuldeiser nie. Hy is die fontein van liefde, die Gewer van ontelbare seëninge. [5T. 314]DBo 3.4

    Satan het aan God al die boosheid toegeskryf wat deur die vlees oorgeërf word. Hy stel Hom voor as ‘n God wat behae skep in die lyding van Sy skepsels, wat wraaksugtig en ongenaakbaar is. Dit was Satan wat die leerstuk van ewige pyniging as straf vir sonde begin het, want op die wyse kon hy mense lei tot ongeloof en opstand, hulle siele verlei en die menslike rede onttroon. [FE176]DBo 3.5

    Christus se mees geliefkoosde tema was die Vaderlike karakter en oorvloedige liefde van God. Die vloek van elke kerk vandag is dat mense nie Christus se metode volg nie. Hulle dink hulle kan verbeter op die reëls van die evangelie en omskryf hulle vrylik, hopende om daardeur die kerk en werksmense te hervorm. Laat God ons een Meester wees, ons een Here, vol goedertierenheid, deernis en liefde. [TM. 192-3]DBo 3.6

    Broeders, ek doen saam met die geliefde Johannes ‘n beroep op julle om te aanskou watter groot liefde die Vader aan ons bewys het. Hy noem ons kinders van God. Watter liefde, watter ongeëwenaarde liefde dat sondaars en vreemdelinge wat ons is, teruggebring kan word en in Sy familie aangeneem kan word. Ons kan Hom aanspreek op die geliefde naam “Onse Vader” wat ‘n teken is van ons liefde vir Hom en ‘n borg van Sy tere sorg en verwantskap met ons. En die Seun van God, in aanskoue van die erfgename van Sy genade, is nie skaam om hulle broers te noem nie. Hulle het ‘n heiliger verwantskap met God as die engele wat nooit geval het nie. Al die vaderlike liefde wat van geslag tot geslag deur die kanaal van menslike harte gevloei het, al die fonteine van deernis wat oopgegaan het in die siele van mense, is maar soos ‘n klein stroompie in verhouding met die grenslose oseaan wanneer dit vergelyk word met die eindelose, onuitputlike liefde van God. Die tong kan dit nie uiter nie, die pen kan dit nie uitbeeld nie. Jy kan dit elke dag van jou lewe oorpeins. Jy kan die Skrif ywerig ondersoek om dit te verstaan, jy kan elke krag en vermoë inspan wat God jou gegee het in ‘n poging om die liefde en deernis van die hemelse Vader te begryp, maar daar lê nog altyd meer voor. Jy kan dit vir eeue studeer maar jy sal nooit die lengte en breedte, die diepte en hoogte van die liefde van God begryp wat Sy Seun gegee het om vir die wêreld te sterf nie. Die ewigheid kan dit nooit openbaar nie. [5T. 739-40]DBo 3.7

    Die mooi dinge van die natuur openbaar Sy karakter en Sy mag as Skepper. Dit is Sy gawes aan die mensdom, om Sy mag te toon en te toon dat Hy ‘n God van liefde is. [MM. 94]DBo 4.1

    “God is liefde” [1 Joh. 4:16]. Sy aard, Sy wet is liefde. Dit was nog altyd so, dit sal altyd so wees.” Die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon” aan wie die” paa0ie van die ou tyd” behoort, verander nie. [PP. 21]DBo 4.2

    God is die verpersoonliking van goedertierenheid, genade en liefde. [5T.28]DBo 4.3

    God is ‘n God van waarheid. Regverdigheid en genade is die grondslag van Sy troon. Hy is ‘n God van liefde, deernis en erbarming. [5T.174]DBo 4.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents