Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    D/e Lewende Woord

    Die Bybel gee aan die ware soeker gevorderde verstandelike dissipline en hy kom uit die oordenking van goddelike dinge met verrykte vermoëns: self is verootmoedig, terwyl God en Sy openbaarde waarheid verhef is...DBo 9.3

    Hoekom beland ons jeug en selfs die van volwasse jare, so maklik in versoeking en sonde? Dit is omdat die Woord van God nie gestudeer en oorpeins word soos dit hoort nie. As dit na regte waardeer word, sal daar ‘n innerlike opregtheid, en ‘n sterkte van Gees wees wat die versoekings van Satan tot boosheid sal kan weerstaan. [R&H. Aug. 21,1888. (2:239)]DBo 9.4

    Soos mense in die dae van die apostels probeer het om geloof in die Skrif te vernietig, deur oorlewering en filosofie, so ook vandag deur die behaaglike sentimente van “hoër kritiek,” evolusie, spiritisme, teosofie en panteïsme, is die vyand van geregtigheid besig om siele op ‘n dwaalweg te lei.... Die werk van “hoër kritiek” wat ontleed, spekuleer, rekonstrueer, is besig om geloof in die Bybel, as ‘n goddelike openbaring, te vernietig. Dit beroof Gods woord van die mag om menselewens te rig, verhef en te besiel. Menigtes word deur spiritualisme geleer dat die wellus die hoogste wet is, dat losbandigheid vryheid is en dat die mens slegs aan homself verantwoordelik is. [AA. 474]DBo 9.5

    Die woord van die lewende God is nie slegs geskrywe nie, maar gespreek. Die Bybel is God se stem wat met ons praat, net so seker asof ons dit met ons eie ore hoor. As ons dit besef, met watter eerbied sal ons Gods Woord oopmaak en met watter erns sal ons Sy verordeninge naspeur. Die lees en oordenking van die Skrifte sou beskou word as ‘n onderhoud met die Oneindige. [5 T. 393]DBo 9.6

    ’n Duisend jaar van navorsing kan nie die verskuilde skatte wat dit bevat uitput nie. Slegs die ewigheid sal die wysheid van dié boek openbaar. Die juwele daarin begrawe is onuitputbaar, want dit is die Wysheid van ‘n Oneindige Verstand. [FE444]DBo 9.7

    Een sin van die Skrif is van groter waarde as tienduisend van die mens se idees of argumente. [5T. 71 ]DBo 10.1

    Daar is geen betroubare leerstelling behalwe die wat ooreenkomstig die Woord van God is nie... Die Here verbied die verkondiging van enige ander leerstelling... Die Heilige Skrifte behoort verklaar te word deur ander en duideliker tekste... Hierdie heilige boek is, in alle dinge wat vir die Christen nodig is, maklik om te verstaan en bereken om die duisternis te verdryf. Daar is behoefte aan ‘n terugkeer tot die Protestantse beginsel - die Bybel en die Bybel alleen as die maatstaf van geloof en plig. [GS. 233-235]DBo 10.2

    Gedurende die eerste 2,500 jaar van menslike geskiedenis was daar geen geskrewe openbaring nie. Die wat deur God geleer is, het hul kennis aan ander oorgedra en dit was van vader na seun oorgedra na latere geslagte. Die voorbereiding van die geskrewe Woord het in die tyd van Moses begin. Geïnspireerde openbarings is toe in ‘n geïnspireerde boek saamgevat. Die werk is voortgesit gedurende die lang tydperk van 1,600 jaar - vanaf Moses, die geskiedskrywer van die Skepping en die Wet, tot by Johannes, die skrywer van die verhewendste waarhede van die Bybel. [GC.v.]DBo 10.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents