Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Sewe Laaste Plae

    So [deur spiritisme], word die wêreld verstrik en gerusgestel om nie die vreeslike bedrog agter te kom voordat die sewe laaste plae uitgestort word nie. [EG. 80/81]DBo 193.1

    By ‘n wêreldkonferensie van gelowiges van die teenwoordige waarheid, gehou te Sutton, Vermont, in September 1850, is aan my getoon dat die sewe laaste plae uitgegiet sal word nadat Jesus die heiligdom verlaat het. Die engel het gesê: “Dit is die wraak van God en die Lam wat die vernietiging en dood van die goddelose veroorsaak. Wanneer die stem van God spreek, sal die heiliges soos ‘n magtige leër met baniere wees, maar hulle sal nie die oordeel uitvoer wat opgeteken is nie. Die voltrekking van die vonnisse sal geskied aan die einde van die duisend jaar.” [EG 46]DBo 193.2

    Die plae is nie wêreldomvattend nie, anders sou die aardbewoners almal uitgeroei word. Dit is nogtans die vreeslikste gesêls wat sterwelinge ooit geken het. Voor die afsluiting van die genadetyd was al die oordele van God op die mense met genade vermeng. Die pleitende bloed van Christus het sondaars beskerm teen die volle straf op hulle sonde, maar in die eindoordeel word die grimmigheid van God sonder genade uitgestort. [GS 711 ]DBo 193.3

    Wanneer Christus Sy voorbidding in die heiligdom staak, sal die wraak van God ongemeng uitgestort word op diegene wat die dier en sy beeld aanbid en sy merkteken ontvang. Die plae wat Egipte getref het net voordat God Israel verlos het, stem ooreen met die nog verskrikliker en uitgebreider oordele wat die wêreld sal tref net voor die finale verlossing van Gods volk. Waar Hy hierdie vreeslike gesels beskryf, sê Johannes: “Kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het.” Die see het bloed geword soos van'n dooie en al die lewende wesens in die see het gesterwe. Die riviere en die waterfonteine het bloed geword” (Open.16:2-4). Vreeslik soos hierdie strawwe is, is Gods oordele volkome regverdig. Die engel van God het verklaar: “Ja, Here God, die Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele.” (Open.16:7),“want hulle het die bloed van heiliges en profete vergiet, en U het vir hulle bloed gegee om te drink, want hulle het dit verdien” (Open.16:6). Deur die volk van God op die aarde tot die dood te veroordeel, het hulle net so gewis die skuld op hulle hals gehaal asof hulle met hulle eie hande die bloed vergiet het. Net so ook het Christus die Jode van Sy tyd skuldig verklaar aan die bloed van al die heiliges wat vergiet is van die dae van Abel af, want hulle was besiel met dieselfde gees en hulle het getrag om dieselfde werk as die moordenaars van die profete doen. [GS. 710-711]DBo 193.4

    Die aardbewoners het die slagoffers geword van die wraak van God in die sewe laaste plae wat hulle hulle tonge laat kou het van pyn en hulle God laat vervloek het, veral die vals herders is getref deur Gods wraak. [EG. 2]DBo 194.1

    In diê plaag wat volg word daar krag aan die son gegee” om mense met vuur te skroei. En die mense is geskroei met ‘n groot hitte” Open.16:8] Die profete beskryf die toestand van die aarde gedurende daardie vreeslike tyd as volg. [haal Joël 1:10-12,17-20; Amos 8:3 aan]. [TM 432]DBo 194.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents