Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Kerk In Die Wêreld

    Die Here self het ‘n skeidsmuur ingestel tussen die dinge van die wêreld en die dinge wat Hy uit die wêreld uitverkies het om vir Homself te heilig. Die wêreld erken nie die onderskeid nie; hulle voer aan dat dit onnodig is... Baie beweerde Christene is vasberade om die muur af te takel en omgang tussen Christus en Belial te behou. [R&H. Jan. 8,1884(1:389)]DBo 103.7

    Diegene in wit klere om die troon van God is nie van die groep wat as liefhebbers van plesier meer as liefhebbers van God gekenmerk is nie en wat verkies om saam met die stroom te beweeg instede van die golwe van teenstand te verduur nie. [R&H.Ok. 161883(1:372)]DBo 104.1

    Ek het gesien dat God ontevrede was met Sy volk omdat hulle borgstaan vir ongelowiges. [Spr. 11:15]DBo 104.2

    Sabbathouers behoort nie in vennootskap te wees met ongelowiges nie. [IT 200,201]DBo 104.3

    Bedrog, valsheid en ontrou mag verdoesel word en vir mense oë bedek word, maar nie vir Gods oog nie. Die engele van God wat waak oor die ontwikkeling van karakter en sedelike waardes weeg, skryf in die Boeke van die hemel die kleine transaksies wat die karakter openbaar. As ‘n werksman in sy daaglikse werk ontrou is en sy werk verwaarloos, sal die wêreld nie verkeerd oordeel as hulle die gehalte van sy godsdiens bereken volgens die gehalte van sv werk nie. [4T 309]DBo 104.4

    Gelykvormigheid aan die wêreld sal nooit slaag as middel om die wêreld tot Christus te keer nie. Christene moet volkome toegewyd wees aan God as die kerk effektief wil wees in hul invloed ten goede vir ongelowiges. [R&H Aug. 23,1892(2:589)]DBo 104.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents