Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Díe Volmaakte Skepping

    Toe Adam uit die hand van die Skepper gekom het, het hy, in sy liggaamlike, verstandelike en geestelike natuur op Sy Skepper gelyk.” God het die mens geskape na Sy beeld” [Gen. 1:27] en dit was Sy doel dat hoe langer die mens geleef het, hoe vollediger hy hierdie beeltenis sou geopenbaar het, om des te vollediger die heerlikheid van die Skepper te weerkaats. Al sy vermoëns was tot ontwikkeling in staat; die kapasiteit en lewenskrag daarvan moes aanhoudend toeneem. [Opv. 15]DBo 69.4

    Groot van gestalte en volkome eweredig het die mens uit die hand van Sy Skepper te voorskyn gekom. Sy aangesig was bloesend van gesondheid en die lig van lewe en vreugde het daaruit gestraal. Adam was baie langer as die mense wat die aarde nou bewoon. Eva was effens korter, maar Sy was van edele gestalte en heeltemaal skoon. Die sondelose egpaar het geen kunsmatige klere gedra nie; hulle was beklee met ‘n gewaad van lig en heerlikheid soos die wat die engele dra. Solank as wat hulle in gehoorsaamheid aan God voortgeleef het, het daardie ligkleed hulle omhul. [PP. 35]DBo 69.5

    God het die mens reg geskape. Hy het hom met edel karaktertrekke bedeel sonder enige neiging tot die sonde. Hy het hom met groot verstandelike vermoëns bedeel en het die sterkste aanleidings moontlik tot troue onderdanigheid aan hom voorgehou. Volmaakte voortdurende gehoorsaamheid was die voorwaarde van ewige geluk. Op hierdie voorwaarde kon hy tot die boom van die lewe toegang hê. [PP 40]DBo 69.6

    Adam is geskape in die ewebeeld van God en op proef gestel.Hy het ‘n volmaak-ontwikkelde liggaam gehad. Al sy sinne was in volmaakte harmonie. In al sy denke, woorde en dade was hy in ooreenstemming met die wil van sy Skepper. [R&H.Feb.24,1874(i 140)]DBo 70.1

    Toe God die mens in Sy ewebeeld geskape het, was die menslike liggaam volmaak in alle opsigte, maar dit was sonder lewe. Toe het ‘n persoonlike, selfbestaande God die asem van die lewe in daardie liggaam geblaas en dit het ‘n lewende asemhalende, intelligente wese geword. [8T 264]DBo 70.2

    Ons eerste ouers, alhoewel onskuldig en heilig geskape, was nie sonder moontlikheid van te sondig nie. God het hulle vrye denkende wesens gemaak, met die vermoë om Sy wysheid en die goedheid van Sy karakter en die regverdigheid van Sy vereistes te waardeer en met volle vryheid om te gehoorsaam of nie. Hulle sou gemeenskap hê met God en heilige engele, maar voordat hulle vir ewig veilig kon gemaak word, moes hulle lojaliteit getoets word... gehoorsaamheid, volmaak en voortdurend was die voorwaarde van ewige geluk. Op hierdie voorwaarde sou hy [die mens] toegang hê tot die boom van die lewe. [PP 48/9]DBo 70.3

    Toe Adam versoek is in Eden, was hy sonder ‘n smet van sonde. Hy het gestaan in die krag van sy volmaaktheid voor God. Al die organe en vermoëns van sy wese was ewe ontwikkel en in ewewigtige balans. [1 SM 267]DBo 70.4

    Die mens was die sieraad in die skepping van God gemaak, in die ewebeeld van God en ontwerp as die teenbeeld van God; maar die Satan het gepoog om die beeld uit te wis en Sy eie beeld op hom af te druk. Die mens is kosbaar vir God want hy was geformeer in Sy ewebeeld. [R&H June 18,1895 (3:265)]DBo 70.5

    Alhoewel die mense voor die vloed hulself volkome oorgegee het aan sonde, was dit meer as 2000 jaar voordat hulle van die gevolge van die oortreding van die natuurwette in hulle liggame bewus geword het. As Adam oorspronklik geen groter liggaamskrag gehad het as die mense van vandag nie, sou die menslike geslag reeds uitgesterf het. [R&H Dec. 13,1881 (i 301)]DBo 70.6

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents