Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Opvoeding Van Die Jeug

    Die werk wat naaste aan ons kerklede lê is om belang te stel in die jeug. [CT 42]DBo 102.3

    Die heersende invloed in die gemeenskap is ten gunste daarvan om die jeug toe te laat om hulle eie kop te volg. As hulle roekeloos lewe, troos die ouers hulleself met die hoop dat wanneer hulle ouer is en vir hulself kan dink, hulle die verkeerde wee sal verlaat en nuttige manne en vroue word. Wat ‘n mistasting. [R&H]DBo 102.4

    Die Here begeer dat die kerke oral die werk van die kerkskole met ywer moet aanpak en vrywilliglik gee om die onderwysers te onderhou. Die vraag is gevra: “Mag die tweede tiende nie gebruik word om die kerkskoolwerk te onderhou nie?” Dit kan vir geen beter doel aangewend word nie. [MS 67,1901]DBo 102.5

    Ek sien daar geen sin in dat die skool so afhanklik is van die tweede tiende om onkoste te dek nie. Ek is bevrees dat as die broeders te swaar steun daarop, probleme sal ontstaan. Julle moet geduldig werk om industrieë te vestig waar studente deel van hul skoolgeld kan verdien. Laat elke gesin soveel bydra as wat hulle kan om die onkostes te dra van die studente wat hulle na die skool toe stuur. [Letter 167,1904]DBo 102.6

    Laat die kerk toesien dat diegene wat daarby kan baat, die skool sal bywoon. Arm gesinne moet bygestaan word. [6T 217]DBo 102.7

    Die kerk moet die situasie onder hande neem en deur hulle invloed die begeerde doel ‘n werklikheid maak. Laat ‘n fonds gestig word deur milddadige bydraes vir die daarstelling van skole vir die opvoedingswerk. [CT 44,45]DBo 103.1

    Ons konferensies keer hulle na die skole vir opgevoede en opgeleide werkers en hulle behoort die skole hartlik en intelligent te ondersteun. Aan my is getoon dat diegene wat in ons skole gebruik word om die woord van God te leer, om die Skrifte te verduidelik en studente op te voed in die dinge van die Here, deur die tiende onderhou mag word. Hierdie instruksie was lank gelede gegee en is onlangs oor en oor herhaal. [6T 215(CS 103)]DBo 103.2

    Ons het skole nodig wat selfonderhoudend is en dit kan gebeur as ons onderwysers behulpsaam, vlytig en ekonomies is. [WE 28]DBo 103.3

    Die bedrag wat vereis word vir skoolgeld en vir losies, moet genoeg wees om die salarisse van die personeel te betaal en om oorvloedig en gesonde kos aan tafel te voorsien; dit moet vir die meubilering van die kamers sorg en vir die instandhouding van die geboue, sowel as ander lopende onkostes. [6T 210,211]DBo 103.4

    Die kerk is aan die slaap en besef nie die omvang van die behoefte vir die opvoeding van die kinders en jeug nie. “Hoekom?” vra een, “waarvoor die groot behoefte vir so ‘n deeglike opvoeding van die jeug? Dit skyn net so goed te wees om ‘n paar te neem wat besluit het op geleerdheid, of ‘n ander rigting wat opleiding nodig het en voed hulle op, dan is dit al wat nodig is. Dit is nie nodig dat die hele klomp jongmense so goed opgelei moet word nie. Sal dit nie aan alle vereistes voldoen nie?” Ek antwoord, NEE, definitief nie... Al ons jong mense behoort die voorreg te hê van ‘n opvoeding in ons skole, sodat hulle besiel kan word om medewerkers van God te word. Hulle het almal ‘n opvoeding nodig, sodat hulle bruikbaar en gekwalifiseerd kan wees vir poste van verantwoordelikheid in beide private en publieke lewe. [R&H Feb. 13,1913]DBo 103.5

    As die studente wat ons kolleges bywoon... onvoordelige vermaaklikhede en oormatige eetlus sou afsweer, sal hul verstande helder wees om kennis na te jaag. Hulle sal ‘n sedelike krag verkry wat hulle in staat sal stel om onwrikbaar te staan wanneer versoeking hulleoorval. [R&H Aug. 26,1884(1:455)]DBo 103.6

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents