Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Matigheid

    Ware matigheid leer ons om ons van alles te onthou wat skadelik is en wat gesond en voedsaam is oordeelkundig te gebruik. [R&H Sept. 23, 1884(1:463)]DBo 111.4

    Sewendedag Adventiste hanteer lewensbelangrike waarhede. Op die gebied van matigheid behoort hulle alle ander mense ver voor te wees. [MM 273]DBo 111.5

    As die werk van matigheid deur ons voortgesit is soos dit dertig jaar gelede gedoen is, (1870) as ons by ons kampvergaderings die kwaad uitgebeeld het wat deur onmatige ete en drinke gedoen word, en vernaamlik deur sterk drank; as hierdie dinge saam met die bewyse van Jesus se wederkoms gestel is, sou daar ‘n skudding onder die volk gewees het. As ons ywer getoon het in verhouding met die belangrikheid van die waarhede wat ons preek, sou ons instrumenteel gewees het in die redding van honderde, ja duisende, van ondergang. [Te 257(6T 111)]DBo 111.6

    In ons werk by kampvergadering moet meer aandag daaraan gegee word om die beginsels van gesondheid en matigeid te leer. Hierdie kwessies moet ‘n belangrike plek vul in ons pogings. My boodskap is, voed die mense op oor die kwessie van matigheid. [Te. 244]DBo 111.7

    Volgens die lig aan my gegee, moet elke lidmaat onder ons die gelofte aflê en hom verbind met die matigheids beweging. [Te 197] DBo 111.8

    Die rede hoekom baie van ons sal val in die tyd van benoudheid is vanweë laksheid in matigheid en toegewings aan aptyt. [Te 150)DBo 112.1

    Nie een van julle het die belangrikheid van gesondheidshervorming besef nie, maar wanneer die plae rondom julle val, sal julle die beginsels gesondheidshervorming en matigheid in alle dinge sien - dat matigheid alleen die grondslag is van al die gawes wat van God kom, die grondslag van alle oorwinnings behaal. [Te 201]DBo 112.2

    Die apostel het die belangrikheid besef van ‘n gesonde liggaam om ‘n sukses te maak van ‘n volmaakte Christelike karakter... Hy noem die vrugte van die Gees, wat matigheid insluit. [CD 44]DBo 112.3

    Matigheid bestaan nie net uit weerhouding van drank en tabak nie, dit gaan verder. Dit moet alles beheer wat ons eet. [CD 406]DBo 112.4

    Laat ons predikante en kolporteurs die banier van streng matigheid opneem. Moet nooit skaam wees om te sê: “Nee dankie, ek eet nie vleis nie... ” As tee aangebied word, bedank dit en gee jou redes daarvoor. Verduidelik dat dit ongesond is en alhoewel dit tydelik stimuleer, verdwyn die effek spoedig en depressie neem oor. [CD 412]DBo 112.5

    Bo alle ander plekke wat net met wêreldlike belange te doen het, behoort wetgewende liggame en geregshowe vry te wees van die vloek van onmatigheid. Goewerneurs, senatore, volksraadslede. regters; manne wat die wette van die land maak en toepas... moet mense wees wat geen sterk drank gebruik nie. [HH 326]DBo 112.6

    Almal wat heilige verantwoordelikhede op hulle geneem het, moes streng geheelonthouers wees, sodat hulle verstand helder kon wees om te onderskei tussen wat reg en verkeerd is, sodat hulle beginselvas kon wees en wysheid kon hê om die gereg uit te oefen en om genade te betoon. [PP 372]DBo 112.7

    Matigheid in alle dinge moet saam met die Elia boodskap verbind word om mense te keer van hulle afgodediens, vraatsugtigheid en hulle uitspattigheid in kleredrag en ander sake. [3T 62]DBo 112.8

    As ons net kan besef dat die gewoontes wat ons aanleer in die lewe ons ewige belange kan bepaal en dat ons ewige bestemming afhang van streng matigheids gewoontes, sal ons harder strewe na matigheid in ete en drinke. [3T 489]DBo 112.9

    God doen ‘n beroep op ons om ons standpunt in te neem op die breë platform van matigheid met betrekking tot ons ete, drinke en, kleredrag. [CG 409]DBo 112.10

    Die grondslag van ‘n opregte karakter in die toekomstige man word bepaal deur streng matigheidsgewoontes in die moeder voor die geboorte van haar kind. [AH 258]DBo 113.1

    God hou almal verantwoordelik vir die invloed wat sy siel omring, vir homself en ook vir ander. Hy doen ‘n beroep op jong manne en vroue om streng matig en gewetenstrou te wees in die gebruik van die vermoëns van die liggaam en verstand. [CT102]DBo 113.2

    Om die gesondheid te bewaar is matigheid in alle dinge nodig, matigheid in arbeid, in ete en drinke. Ons hemelse Vader het die lig van gesondheidshervorming aan ons gestuur om ons te beskerm teen die kwaad wat spruit uit verwende eetlus sodat die wat reinheid en vroomheid liefhet, kan weet hoe om met gesonde oordeel die goeie dinge te gebruik wat Hy vir hulle voorsien het, en deur matigheid te beoefen in die daaglikse lewe, hulle geheilg mag word deur die waarheid. [4T 652] DBo 113.3

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents