Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die God-mens

    Hy was die Seun van God en nogtans ‘n hulpelose kind. As Skepper van die wêreld het Hy die aarde besit, en tog was armoede ‘n kenmerk van elke tree van Sy lewe. Hy het ‘n waardigheid en ‘n individualiteit gehad wat heeltemal apart gestaan het van die wêreldse trots en verwaandheid. Hy het nie na wêreldse grootheid gestreef nie en was tevrede met selfs die nederigste plek. [KE 60]DBo 33.1

    Toe die stem gehoor word, het ‘n lig uit die wolk gekom en Christus omhul asof die arms van die Almagtige soos ‘n muurkring om Hom sluit. Die mense het die toneel verstom en vreesbevange gadegeslaan. Niemand het durf praat nie. Met ingehoue asem het hulle gestaan, die oë op Christus genael. Nadat die getuienis van die Vader gegee was, het die wolk gelig en in die hemele verdwyn. Voorlopig is die sigbare verbinding tussen die Vader en die Seun beeïndig. [KE 565]DBo 33.2

    Christus se mensheid is met Sy Godheid verenig. Hy is vir die stryd toegerus deur die inwoning van die Heilige Gees. En Hy het gekom om ons deelgenote te maak van die Goddelike natuur. Solank ons met Hom verenig is deur die geloof, heers die sonde nie meer oor ons nie.[KE 92]DBo 33.3

    Maar Hy wat die hemelse leër kon ontbied het, Hy wat daardie gepeupel skrikbevange voor Sy oë kon verdryf het met die deurstraling van Sy Goddelike majesteit, het Hom kalm onderwerp aan die grofste mishandeling en belediging. Die Satan was vertoornd toe hy sien dat al die mishandelinge waaraan die Heiland onderwerp word, nie ‘n enkele klag van sy lippe dwing nie. Hoewel Hy die natuur van die mens op Hom geneem het, is Hy met'n Goddelike onwrikbaarheid besiel en het Hy in geen opsig van die wil van Sy Vader afgewyk nie. [KE 665]DBo 33.4

    Hy was bedroef, beledig en mishandel - op alle maniere was Hy versoek, nogtans het Hy nie gesondig nie, maar ‘n volmaakte gehoorsaamheid aan God weerkaats. Deur hierdie volmaakte gehoorsaamheid, het Hy alle verskonings vir ongehoorsaamheid gekelder. Hy het gekom om aan die mens te wys hoe om te gehoorsaam en om al die gebooie te onderhou. Hy gee Sy lewe, sodat elke mens deel kan word van die Goddelike natuur, om die korrupsie van hierdie sondige wêreld te ontvlug. [MYP 165]DBo 33.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents