Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Bybel en die Bybel alleen

    Protestantisme stel die gewete hoër as die magistraat, stel die gesag van Gods Woord hoër as die sigbare kerk. In die eerste plek verwerp dit burgerlike mag in godsdienstige sake en verklaar saam met die profete en apostels, “Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense.” (Hand. 5:29). Voor die kroon van Karel V het dit die kroon van Jesus Christus verhef. Maar dit gaan verder. Dit lê die beginsel neer dat alle menslike leerstellings aan die Woord van God ondergeskik moet wees. [GS. 236]DBo 15.1

    Daar is ‘n duisend versoekings in vermomming voorberei vir diegene wat die lig van waarheid het en die enigste veilige weg vir enigeen van ons is om geen nuwe leerstelling, geen nuwe vertolking van die Skrifte te aanvaar voordat ons dit vir broeders van ondervinding voorgelê het nie. Lê hulle dit voor in ‘n nederige, ontvanklike gees, met ernstige gebed en as hulle geen lig daarin sien nie, lê jou neer by hulle oordeel, want in ‘n menigte raadgewers is daar wysheid.” [5T. 293]DBo 15.2

    As die pilare van ons geloof nie die toets van ondersoek kan deurstaan nie, dan is dit tyd dat ons dit weet. Daar moet geen fariseëragtige gees gekoester word in ons midde nie. [TM 107]DBo 15.3

    Die groot gevaar met ons mense was dat hulle gesteun het op mense en dit hulle vaste burg gemaak het. Diegene wat nie die gewoonte aangeleer het om die Bybel vir hulleself te studeer nie, of gegewens te kan oorweeg nie, het vertroue in leiers en aanvaar hulle besluite en so sal baie die boodskappe verwerp wat God aan Sy volk stuur, as die leiers dit nie aanvaar nie. [TM. 106/7]DBo 15.4

    Die Roomse kerk behou aan die geestelikes die reg voor om die Skrifte te verklaar. Omdat die geestlikes alleen bevoeg beskou word om Gods woord te verklaar, word dit aan die gewone mense onthou. Ofskoon die Hervorming die Skrifte aan almal beskikbaar gestel het, is dit nogtans dieselfde beginsel wat deur Rome gehandhaaf is wat menigtes in die Protestantse kerke verhinder om die Bybel vir hulleself te ondersoek. Hulle word geleer om die leerstellings van die Bybel aan te neem soos deur die kerk verklaar en daar is duisende wat geen ander leerstelling durf aanneem, hoe duidelik dit ook in die Skrifte geopenbaar is, as dit teenstrydig is met hul belydenis of hulle gevestigde kerkleer. [GS. 674]DBo 15.5

    Maar God sal ‘n volk op die aarde hê wat sal staan op die Bybel en die Bybel alleen as die maatstaf van alle leerstellings en die grondslag van alle hervormings. Die menings van geleerde manne, die bevindings van die wetenskap, die leerreëls en besluite van kerklike konsilies, net so talryk en verskillend as die baie kerke wat hulle verteenwoordig, die stem van die meerderheid. Nie een van hierdie dinge of almal tesame, moet aangeneem word as bewys teen of vir enige geloofspunt nie. Voordat ons enige gebod of leerstelling aanneem, moet ons ‘n “So sê die Here”as bewys daarvoor eis. [GS. 673]DBo 16.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents