Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Dit is volbring!

    In die begin het die Vader en die Seun op die Sabbat gerus na Hul skeppingstaak. “So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leermag” (Genesis 2:1) en die Skepper en al die hemelse wesens het hulle verheug in die betragting van die luisterryke toneel. “Toe het die móresterre saam gejube en al die seuns van God gejuig” (Job 38:7). Nou het Jesus gerus van die verlossingstaak en hoewel droefheid hulle vervul het wat Hom op aarde liefgehad het, was daar vreugde in die hemel. Die belofte van die toekoms was heerlik in die oë van die hemelse wesens. ‘n Herstelde skepping, ‘n verloste mensdom wat, nadat hulle die sonde oorwin het, nooit kan val nie - dit het God en die engele gesien as die gevolg van Christus se voltooide taak. [KE 696]DBo 47.1

    Om hulle, “Sy kerk,“by Hom te hê is volgens die verbondsbelofte en ooreenkoms met Sy Vader. Hy bied eerbiedig die voltooide verlossing aan vir Sy volk voor die genade troon. [TM. 21]DBo 47.2

    Christus aan die kruis trek nie slegs mense tot berou teenoor God vir die oortreding van Sy wet nie, want wie God vergewe maak Hy eers berouvol, maar Christus het alle geregtigheid volbring; Hy het Homself aangebied as versoening. Sy gestorte bloed, Sy gebreekte liggaam, bevredig die eise van die wet en oorbrug dus die afgrond deur sonde veroorsaak. Hy het in die vlees gely sodat Hy met Sy gewonde en gebreekte liggaam die weerlose sondaar kon dek. Die oorwinning behaal deur Sy dood op Gólgota het vir ewig die beskuldigende mag van Satan oor die heelal verbreek en sy aanklag dat selfverloënitig onmoontlik is by God en dus onnodig vir die mens, stilgemaak. [1SM. 341]DBo 47.3

    Die wêreld erken nie dat Christus die mensdom gekoop het teen ‘n oneindige prys nie. Hulle erken nie dat Hy deur skepping en verlossing ‘n geregverdigde aanspraak het op elke menslike wese nie. Maar aan Hom as Verlosser van die verlore geslag, is gegee ‘n reg tot besit, wat Hom die reg gee om hulle as Sy eiendom op te eis. [QD.670 (Letter 136,1902)DBo 47.4

    Die Here wil hê Sy volk moet vasstaan in die geloof - nie onkundig aangaande die groot verlossing so ruim voorsien aan hulle. Hulle moet nie vooruit kyk na ‘n tyd in die toekoms wanneer ‘n groot werk vir hulle gedoen sal word nie, want die werk is nou voltooi. Die gelowige word nie gevra om vrede met God te maak nie. Hy het dit nooit en kan dit nooit doen nie. Hy moet Christus aanvaar as sy vrede, want Christus is God en vrede. [1 SM. 394,5]DBo 48.1

    Vir die engele en die sondelose wêreld was die roep: “Dit is volbring” betekenisvol. Dit was sowel vir hulle as vir ons dat die groot verlossingswerk voltooi was. Saam met ons deel hulle in die vrugte van Christus se oorwinning. [KE. 688]DBo 48.2

    Hierdie werk van Christus was om die wesens in ander wêrelde te onderskraag in hulle onskuld en lojaliteit, sowel as om die verloregaande wêreld te red. Hy het die weg geopen vir die ongehoorsames om terug te keer tot getrouheid aan God terwyl Hy terselfdertyd ‘n beskerming geplaas het rondom diegene wat reeds rein was dat hulle nie ontreinig word nie. [QD 677]DBo 48.3

    Deur Christus se verlossingswerk word die heerskappy van God geregverdig. Die Almagtige word geopenbaar as die God van liefde. Die Satan se aantygings is weerlê en sy karakter onthul. Daar kan nooit weer opstand kom nie. Die sonde kan die heelal nooit weer binnedring nie. Tot in ewigheid is almal gevrywaar teen afvalligheid. Deur die opoffering van die liefde word die bewoners van hemel en aarde met onverbreekbare bande saamgebind.DBo 48.4

    Die verlossingswerk sal volkome wees. Waar die sonde geheers het, sal die genade van God nog oorvloediger wees. Die aarde self, wat die Satan as syne geëis het, sal nie net verlos word nie, maar ook verhoog. Ons wêreldjie wat onder die vloek van die sonde die een klad op Sy heerlike skepping was, sal bo die ander wêrelde in die heelal van God vereer word. Hier, waar die Seun van God in die vlees as mens gewoon het; hier, waar die Erekoning gely en gesterf het, sal God, wanneer Hy alle dinge nuut sal maak, Sy tabernakel by die mense maak, “en Hy sal by hulle woon en hulle sal sy volk wees en God self sal by hulle wees as hulle God” en deur die ewigheid heen sal die verlostes in die lig van die Here wandel en Hom loof vir Sy onuitspreeklike gawe. Emmánuel, “God met ons.” [KE 6,7]DBo 48.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents