Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Boodskap

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Sentrale Tema

    Christus beoog dat die hemelse orde, die hemelse heerskappy, die hemelse eensgesindheid in Sy kerk op aarde verteenwoordig sal wees. So word Hy in Sy kinders verheerlik. Deur hulle sal die Son van Geregtigheid met ongedoofde glans in die wêreld skyn. Christus het Sy kerk toegerus om ‘n groot oes van heerlikheid van Sy verloste, vrygekoopte eiendom te ontvang. Aan Sy kinders het Hy vermoëns en seëninge geskenk sodat hulle Sy eie toereikendheid kan demonstreer. Die kerk, toegerus met die geregtigheid van Christus, is Sy opslagplek waarin al die rykdom van Sy genade en liefde in volle luister gesien kan word. Christus beskou Sy kinders in hul reinheid en volmaaktheid as die loon van Sy vernedering en die aanvulling van Sy heerlikheid. Christus, die groot Middelpunt, uit wie al die heerlikheid uitstraal. [KE 616]DBo 36.1

    Die Satan het die toestand op sy ergste vir die Heiland geskilder: Die volk wat beweer dat hulle in stoflike en geestelike seëninge bo alle andere bevoorreg is, het Jou verwerp. Hulle wil Jou, die middelpunt en seël van die beloftes wat aan hulle as uitverkore volk gemaak is, vernietig. Een van Jou ywerigste volgelinge sal Jou verloën. Almal gaan Jou verlaat. [KE 620]DBo 36.2

    Al wat die mens kan en moet weet van God, is geopenbaar in die lewe en karakter van Sy Seun. [8T. 286]DBo 36.3

    Op elke bladsy, of dit nou geskiedenis, gebod of profesie is, is die Ou Testament deurstraal met die heerlikheid van die Seun van God. Sover as wat dit ‘n Goddelike instelling was, was die hele Joodse stelsel ‘n saamgevatte profesie van die evangelie. Aangaande Christus het “al die profete” getuig. Van die belofte aan Adam af deur die patriarge en regsinstellings het die hemelse lig die voetstappe van die Verlosser verlig. Sieners het die Ster van Betlehem, die komende Silo, gesien namate die toekomstige dinge in ‘n raaiselagtige optog voor hulle verbygetrek het. Elke offerande het van die dood van Christus getuig. In elke wierookwolk het Sy geregtigheid opgestyg. Elke trompet met die jubeljaar het Sy naam uitgebasuin. In elke ontsagwekkende verborgenh-eid van die Allerheiligste het Sy heerlikheid geskyn. [KE175)DBo 36.4

    Die hele hemelse skatkamer is oop vir die wat Hy soek om te red. Hy het die rykdom van die heelal bymekaargemaak en al die hulpbronne van Sy oneindige mag oopgestel en alles in die hande van Christus geplaas met die woorde: “Dit alles is vir die mens. Gebruik hierdie gawes om hom te oortuig dat daar geen groter liefde as Myne in hemel of op aarde is nie. Hy sal sy hoogste geluk vind deur My lief te hê.” [KE. 31]DBo 36.5

    Om reg verstaan en waardeer te word, moet elke waarheid in die Woord van God, van Genesis tot die Openbaring, studeer word in die lig wat straal uit die kruis van Golgota. Ek bied aan julle die groot monument van genade en hernuwing, verlossing en redding - die Seun van God aan die kruis. Dit moet die grondslag wees van elke preek wat ons leraars gee. [Ev. 190]DBo 37.1

    Wanneer studente van profesie in hul harte voorneem om die waarhede van Openbaring te ontdek, sal hul besef hoe belangrik hul soektog is. Christus Jesus is die Alfa en die Omega, die Genesis van die Ou Testament en die Openbaring van die Nuwe Testament. Albei ontmoet in Christus. Adam en God word versoen deur die gehoorsaamheid van die tweede Adam, wat die werk gedoen het om Satan se versoekings te oorwin en Adam se skandelike mislukking en val te vergoed. [SDABC. 6:1092-3 (MS.33,1897)]DBo 37.2

    Van alle belydende Christene, behoort Sewendedag Adventiste heel voor te wees om Christus te verhef voor die wêreld. Die verkondiging van die derde engel se boodskap vereis elke prediking van die Sabbatswaarheid. Hierdie waarheid, met ander waarhede wat deel is van die boodskap, moet verkondig word, maar die aantrekkingskrag van die groot Middelpunt, Jesus Christus, moet nie uitgelaat word nie. Dit is by die kruis van Christus wat genade en waarheid mekaar omhels en geregtigheid en vrede mekaar kus. [GW.156]DBo 37.3

    Ons het veel minder stryd nodig en veel meer prediking van Christus. Ons Verlosser is die middelpunt van al ons geloof en verlange. Diegene wat Hom kan uitbeeld in Sy ou vergelykbare liefde en harte besiel om aan Hom hul beste en heiligste geneentheid te gee, doen ‘n groot en heilige werk. [Ev. 172]DBo 37.4

    Christus is die middelpunt van alle ware leerstellinge. Alle ware godsdiens word in Hom en die natuur gevind. Hy is die een op wie ons hoop op die ewige lewe gevestig is en die onderwyser wat van Hom leer vind ‘n veilige ankerplek. [CT.453]DBo 37.5

    Christus soos geopenbaar aan die patriarge, soos gesimboliseer in die offerandestelsel, soos uitgebeeld in die wet en soos geopenbaar deur die profete, is die rykdom van die Ou Testament. Christus in Sy lewe, Sy dood en Sy opstanding, Christus soos geopenbaar deur die Heilige Gees, is die skat van DBo 37.6

    die Nuwe Testament. Ons verlosser, die afskynsel van die Vader se heerlikheid is beide die Ou en Nuwe Testament. [GCH.l 26]DBo 37.7

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents